Görlitz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Görlitz
Altstadtbrücke und Peterskirche in Görlitz.jpg

Kaart Kleiner wapen
Görlitz-Position.png
Wappen Goerlitz vector.svg
Groot wapen
Wappen Görlitz he.png
 Land Flag of Germany.svg Duitsland
 Deelstaat Flag of Saxony.svg Sakse
 Koördinate 51°9′N 14°59′O
 Stigting (eerste verwysing) 1071
 Stadstatus 1303
 Oppervlakte:  
 - Totaal 67,22 vk km
 Hoogte bo seevlak 199 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Oktober 2013) 54 069[1]
 - Bevolkingsdigtheid 804/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat [2]
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -1,5 / 17,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 657 mm
 Burgemeester Joachim Paulick
 Amptelike Webwerf www.goerlitz.de

Görlitz (Gerlz, Gerltz of Gerltsch in die plaaslike Bo-Lausitz-dialek; Pools: Zgorzelec; Opper-Sorbies: Zhorjelc) is die mees oostelike stad van Duitsland en die administratiewe setel van die gelyknamige landdistrik in die deelstaat Sakse.

Die stad is in die oostelike Bo-Lausitz aan die Lausitzer Neiße-rivier geleë wat hier sedert 1945 die grens met Pole vorm. Die stadsdeel oos van die Neiße is met die grensverskuiwing ná die Tweede Wêreldoorlog van Görlitz afgesny en vorm sedertdien 'n selfstandige Poolse nedersetting, Zgorzelec. Görlitz en Zgorzelec vorm sedert 1998 'n sogenaamde Europastad.

Görlitz gaan terug op 'n Sorbiese dorp, Gorelic, en 'n latere nedersetting wat in 1220 deur Duitse setlaars gestig is. Die stad is gedurende die Tweede Wêreldoorlog nouliks deur die oorlogshandelinge geraak. Met sowat 3 500 grotendeels gerestoureerde historiese monumente het Görlitz een van die bes bewaarde oorspronklike stadskerne in Duitsland en vorm sodoende die grootste nasionale argitektoniese monument. Sy boukuns sluit laat-Gotiese, Renaissance- en Barok-burgerhuise in die historiese middestad en uitgestrekte woonkwartiere in die sogenaamde Gründerzeit-styl (laat 19de eeu) rondom die stadskern in.

Verwysings[wysig]