Gewone boskraai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone boskraai
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Coraciiformes
Familie: Bucerotidae
Subfamilie: Bucerotinae
Genus: Bycanistes
Spesie: B. bucinator
Binomiale naam
Bycanistes bucinator
(Temminck, 1824)
Sinonieme

Ceratogymna bucinator

Die Gewone boskraai, (Bycanistes bucinator), is 'n medium-grootte neushoringvoël, met lengtes van tussen 58 tot 65 cm, gekarakteriseer deur 'n groot grys kas op die snawel, kleiner by die wyfies. Die oë is bruin of rooi, met pienk omringende vel. Hulle is gelyksoortig tot die Kuifkopboskraai. Onderskeidende kenmerke sluit 'n heeltemal swart rug, wit maag en wit ondervlerk dekvere (in vlug, vlerke wys wit punte), en rooi gesig vel.

Die Gewone boskraai is 'n kuddevoël, gewoonlik leef hulle in groepe van 2 tot 5 individuë, met somtyds soveel as 50. Hierdie neushoringvoël is 'n lokaal volop inwoner van die tropiese immergroen woude van Burundi, Mosambiek, Botswana, Kongo, Kenia, die Caprivistrook van Namibië en oostelike Suid-Afrika, waar dit van vrugte en groot insekte leef. Soos ander neushoringvoëls, broei die wyfies op 4 tot 5 eiers, terwyl hulle geseël is in 'n nes kompartement.

Wanner hulle in aanhouding gehou en gevoer word is hulle mak en vredeliewende voëls wat 'n verskeidenheid van toertjies geleer kan word, en hulle geniet die eienaar se kameraadskap. Hulle benodig groot hokke om in rond te beweeg as gevolg van hulle aktiewe natuur. Hulle dieet van vrugte moet versigtig bestuur word om hulle vatbaarheid om hoë hoeveelhede yster te berg te beperk. Die stoor van oormatige hoeveelhede yster is baie soos die siekte hemokromatose by die mens. Die voëls is hoogs intelligent en het 'n lewensverwagting van tot 20 jaar.

Gallery[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2004). Bycanistes bucinator. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 16 Januarie 2007. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: