Gewone drolpeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone drolpeer
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Subklas: Rosidae
(geen rang): Eurosids II
Orde: Malvales
Familie: Malvaceae
Subfamilie: Dombeyoideae
Genus: Dombeya
Spesie: D. rotundifolia
Binomiale naam
Dombeya rotundifolia
(Hochst.) Planch.
Sinonieme

Dombeya damarana K.Schum.
Dombeya densiflora Planch. ex Harv. & Sond.
Dombeya dinteri Schinz
Dombeya multiflora Planch.
Xeropetalum minus Endl.
Xeropetalum multiflorum Endl.

Die gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia) is 'n boom wat noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal voorkom. Die blare is amper rond, redelik grof, donkergroen aan die bokant en liggroen aan die onderkant. Dit is gewoonlik een van die eerste bome wat in die lente blom; die bloeisels is gewoonlik wit maar kan ook ligpienk wees. Die blomme verwelk gou maar die kroonblare val nie af nie. Hulle bly aan die boom en word later vlerke aan die ryp vrugte. Die boom staan ook bekend as die Blompeer.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]