Rwanda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Repubulika y'u Rwanda
République Rwandaise
Republiek van Rwanda
Vlag van Rwanda Landswapen van Rwanda
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: Vryheid, Samewerking, Vordering
Ligging van  Rwanda
Amptelike taal Frans, Kinyarwanda, Engels
Hoofstad Kigali
1°57′S 30°4′O
Grootste stad Kigali
Regering republiek
Paul Kagame
Bernard Makuza
Onafhanklikheid
- Datum
Van België
1 Julie, 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

26,338 km² (144ste)
5.3%
Bevolking
 - Soos op 2004 skatting
 - Soos op sensus
 - Digtheid

7,954,013 (91ste)

281/km² (33)
BBP (PPP)
 - Soos op 2003 totaal
 - Per capita

10,462 (123)
1,268 (144)
Geldeenheid Rwandiese frank (RWF)
Tydsone
 - Somertyd
EET (UTC+2)
nie bemerk nie (UTC+2)
Volkslied Rwanda nziza
Internet TLD .rw
Skakelkode +250

Rwanda is 'n klein land in die ooste van Sentraal-Afrika. Dit grens aan Uganda, Burundi, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Kaart van Rwanda

Die staat was voorheen deel van die Europese kolonialisme in Afrika en is in in 1885 tydens die Berlynse Konferensie aan Duitsland toegeken. Dit het bestaan uit twee vroeë koninkryke, naamlik Rwanda en Urundi. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur België beset en ná die oorlog het die Volkebond dit aan België toegeken. Ná die Tweede Wêreldoorlog is dit opnuut deur die Verenigde Volke onder die administratiewe bestuur van België geplaas. Twee afsonderlike state, Rwanda en Burundi, het in 1962 hulle onafhanklikheid van België verkry.

Rwanda word bewoon deur drie afsonderlike groepe mense, naamlik die Hoetoe of Bahutu, die Toetsie of Batutsi en die Twa of Batwa. Die Twa verskil heeltemal van die ander twee ten opsigte van voorkoms, lewenstyl en sosiale en politieke oortuiging. Hulle woon in die woude van Rwanda, terwyl die ander twee groepe met mekaar meeding om lewensruimte en weiding vir hul beeste in Rwanda.

Die Rwandese Volksmoord[wysig]

Sedert 1959 het daar geweldige etniese konflik tussen die Hoetoe en die Toetsie ontstaan as gevolg van politieke verskille. Dit het in 1994 'n hoogtepunt bereik toe bykans 'n miljoen mense in Rwanda hul lewens verloor het. Die een groep het die ander nie lewensruimte in Rwanda gegun nie en 'n bittere haat het tussen die twee ontstaan. Wedersydse moorde het plaasgevind. Die konflik is in die meeste gevalle nie met bomme en gewere besleg nie, maar met pangas. Mans, vroue en kinders is voor die voet doodgekap. Een van die ergste gevalle van massamoord was toe honderde mense met pangas tereggestel is en die lyke in 'n kerk gelaat is om as afskrikmiddel te dien.


 
Lande in Afrika

Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika