Giuseppe Verdi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Giuseppe Verdi
Verdi Mulnier BNF Gallica.jpg
Giuseppe Verdi, omstreeks 1870
Geboortenaam Giuseppe Fortunino Francesco Verdi
Geboorte 10 Oktober 1813
Le Roncole
Afsterwe 27 Januarie 1901
Milaan
Beroep(e) Komponis
Genre(s) Romantiek
Giuseppe Verdi signature.svg
Portal.svg Musiekportaal
Portret deur Giovanni Boldini

Giuseppe Fortunino Francesco Verdi (10 Oktober 181327 Januarie 1901) was 'n Italiaanse Romantiese komponis van hoofsaaklik opera. Hy was een van die invloedrykste komponiste van die 19de eeu. Sy werk word vandag nog gereeld in operahuise wêreldwyd opgevoer. Sommige van sy melodieë het hulle lank reeds in die populêre kultuur gevestig, waaronder "La donna è mobile" uit Rigoletto, "Va, pensiero" (die Koor van die Hebreeuse slawe) uit Nabucco, "Libiamo ne' lieti calici" (die Drinklied) uit La traviata en die "Groot Mars" uit Aïda. Anderhalf eeu nadat dit geskryf is, oorheers sy meesterwerke steeds die standaardrepertorium.

Werke[wysig]

Verdi se vernaamste operas en die datum waarop dit die eerste keer opgevoer is:

  • Oberto, 17 November 1839
  • Un giorno di regno, 5 September 1840
  • Nabucco, 9 Maart 1842
  • I Lombardi alla prima crociata, 11 Februarie 1843
  • Ernani, 9 Maart 1844
  • I due Foscari, 3 November 1844
  • Giovanna d'Arco, 15 Februarie 1845
  • Alzira, 12 Augustus 1845
  • Attila, 17 Maart 1846
  • Macbeth, 14 Maart 1847
  • I masnadieri, 22 Julie 1847
  • Jérusalem ('n hersiening en vertaling van I Lombardi alla prima crociata) 26 November 1847
  • Il corsaro, 25 Oktober 1848
  • La battaglia di Legnano, 27 Januarie 1849
  • Luisa Miller, 8 Desember 1849
  • Stiffelio, 16 November 1850
  • Rigoletto, 11 Maart 1851
  • Il trovatore, 19 Januarie 1853
  • La traviata, 6 Maart 1853
  • Les vêpres siciliennes, 13 Junie 1855
  • Simon Boccanegra, 12 Maart 1857
  • Aroldo ('n ingrypende verwerking van Stiffelio), 16 Augustus 1857
  • Un ballo in maschera, 17 Februarie 1859
  • La forza del destino, 10 November 1862
  • Don Carlos, 11 Maart 1867
  • Aida, 24 Desember 1871
  • Otello, 5 Februarie 1887
  • Falstaff, 9 Februarie 1893