Sisilië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sisilië
Sicilia
(Sisiliaans)
Sicilia (Italiaans)
Flag of Sicily.svg Coat of arms of Sicily.svg
(Vlag van Sisilië) (Wapen van Sisilië)
Ligging van Sisilië in Italië
Ligging van Sisilië in Italië
Kaart van Sisilië
Kaart van Sisilië
Amptelike tale Sisiliaans, Italiaans
Hoofstad Palermo
Grootste stad Palermo
Eerste Minister Rosario Crocetta
Oppervlakte
 - Totaal
25 702,82 vk km
Bevolking
 - Totaal (2009)
 - Bevolkingsdigtheid
5 042 992
196/vk km
Satellietbeeld van Sisilië

Sisilië (Sisiliaans: Sicilia, Italiaans: Sicilia) is 'n eilandgebied van Italië in die Middellandse See en 'n outonome "region" van Italië. Die eiland lê in Europa in die suidweste van Italië, in die suidooste van Sardinië en ten noorde van Malta.

Sisilië is die grootste eiland in die Middellandse See. Sisilië het 5 042 992 inwoners in 2009 gehad en het 'n oppervlakte van 25 702,82 km². Die hoofstad en grootste stad is Palermo. Die amptelike tale is Sisiliaans en Italiaans.

Geografie[wysig]

Die bekende vulkaan, Etna is geleë op Sisilië.

Vervoer[wysig]

Beide treinverbindings en motorweë word tussen Sisilië en Italië se punt aangetref. Alhoewel 'n reuse vervoerbrug al sedert 1865 beplan word, word treine en motors steeds op veerbote gelaai om die water te kruis na die vasteland.

Padvervoer[wysig]

In die laaste vier dekades is motorweë dwarsoor die eiland gebou en uitgebrei. Die bekendste van die Sisiliaanse paaie is die autostrada wat langs die noordelike deel van die eiland loop. Groot dele van die motorweg is op pilare gebou, as gevolg van die bergagtige terrein van die eiland.[1][2][3][4] Ander hoofweë in Sisilië is die SS.113 Strade Statali wat Trapani aan Messina (via Palermo) verbind, the SS.114 Messina-Syracuse (via Catania) en die SS.115 Syracuse-Trapani (via Ragusa, Gela en Agrigento).

Spoorvervoer[wysig]

Die eerste spoorlyn in Sisilië is in 1863 tussen Palermo en Bagheria geopen. Vandag word al die Sisiliaanse provinsies tussen meeste dorpe en stede, deur 'n netwerk spoorverbindings bedien deur Trenitalia. In Catania is daar sedert 1999 'n Metrotrein wat op 'n deel van die FCE spoorlyn loop.

Lugvervoer en hawens[wysig]

Lughawens is te vinde in Catania, Palermo en Trapani.

Ter see, word Sisilië deur verskeie veerbootroetes en vraghawens bedien, en in alle groot stede dok lynskepe op 'n gereelde basis.

Fotogalery[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sisilië (kategorie)
  1. "A 19 autostrada Palermo – Catania", SiciliaEMoto.it, 2008-01-02.
  2. "Autostrada A20: Messina – Palermo", Sicilia.Indettaglio.it, 2007-10-24.
  3. "A 29 autostrada Palermo – Trapani – Mazara del Vallo", SiciliaEMoto.it, 2008-01-02.
  4. "Autostrada: A18 Messina – Catania", Sicilia.Indettaglio.it, 2007-10-24.