Groot Constantia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Constantia
Groot Constantiawingerd

Groot Constantia is 'n wynlandgoed in die Constantiavallei in Kaapstad, Suid-Afrika. Dit is een van die bes bewaarde voorbeelde van die Kaaps-Hollandse boustyl en is 'n hoogsaangeskrewe wynmakery.[1]

Die landgoed dateer uit 1685 toe Simon van der Stel, kommandeur van die Kaap grond toegeken is vir 'n plaas wat hy Constantia gedoop het. Nadat hy in 1712 oorlede is, is die plaas verdeel en is 'n kleiner plaas om die plaashuis en buitegeboue geskep is. Die nuwe landgoed is in 1716 deur Kaptein Oloff Bergh gekoop wat dit aan sy vrou Anna de Koningh nagelaat het. Na haar afsterwe het die eienaarskap oorgegaan na Carl George Wieser, Wieser se stiefseun Jacobus van der Spuij, en Jan Serrurier, die eienaar van die naburige plaas Alphen. Serrurier is egter gedwing om die plaas na slegs twaalf maande in 1778 aan Hendrik Cloete te verkoop, oënskynlik na haelskade en 'n misoes.[1]

Die landgoed het vyf geslagte lank die eiendom van die Cloetes gebly totdat dit in 1885 vir £5 275 by 'n openbare veiling aan die Kaapse regering verkoop is. Die Cloetes was verantwoordelik vir die verfraaiing van die landgoed en het die gehalte van die wyn verbeter en het veral die Constantia dessertwyn internasionale bekendheid verwerf. Die wyn het gesog geword by koningshuise van Europa en is dit genuttig deur bekende figure soos Jane Austen, Charles Baudelaire, Napoleon en Koning Louis Philippe van Frankryk[2]. Die doel van die aanskaffing van die landgoed deur die Kaapse regering was dat die landgoed sou dien as 'n model vir wynbou moes dien.[1]

Kulturele Erfenis[wysig]

Die Groot Constantia Landgoed was op 27 April 1984, deur Gerrit van Niekerk Viljoen, Minister van Nationale Onderwys, as 'n nasionale monument verklaar, en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999). [3]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 WINE.CO.ZA, Groot Constantia - History, Besoek op 1 Mei 2007
  2. 57 Main Street Groot Constantia, Besoek op 1 Mei 2007
  3. Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap - Item: 12987, Besoek op 18 Mei 2012