Simon van der Stel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Van der Stel se kopermyn op Carolusberg.

Simon van der Stel (14 Oktober 1639, Mauritius - 24 Junie 1712, Kaapstad) is deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (V.O.C.) as kommandeur van die Kaap aangestel en later tot goewerneur bevorder.

Simon van der Stel is ter see op 14 Oktober 1639 op die skip Cappel naby die kus van Mauritius gebore. Sy vader, Adriaen van der Stel, is aangestel as Kommandeur van Mauritius, en was met sy vrou op pad om sy amp op te neem. Adriaen van der Stel was 'n gesiene amptenaar van die V.O.C. wat met en Maria Lievens, deels van Maleise afkoms, getroud was. Adriaen van der Stel is 'n paar jaar later na Ceylon oorgeplaas waar hy in 1646 deur vyandige inboorlinge vermoor is. Sy moeder is ook in 1649 oorlede.[1]

Simon Van der Stel het in Amsterdam skool gegaan waar hy ook met Johanna Jacoba Six getroud is.[2]. Van der Stel en Six het saam ses kinders gehad, maar dit was nie 'n gelukkige huwelik gewees nie en sy sou hom later nie vergesel na die Kaap toe nie. Haar suster, Cornelia, het wel saam gegaan.[1]

In die Frans-Nederlandse Oorlog van 1672 ( die rampjaar) teen Engeland en Frankryk het van der Stel diens gedoen as Kaptein.[1]

Groot Constantia wat deur Van der Stel gestig is

Hoewel hy nie in diens was van die VOC nie is Van der Stel in 1679 deur die Here XVII as kommandeur van die Kaap aangestel. Hy is as Kommandeur en nie as Goewerneur aangestel nie omdat die aanstelling buite oorlogstyd plaasgevind het.[1] Sy belangstelling in die Kaap het dié van al sy voorgangers oortref. Dit het uiting gevind in die stigting van Stellenbosch (wat ook na hom vernoem is) in 1680, in die opening van die distrik Drakenstein in 1684, die prospektering vir koper in Namakwaland in 1685, die daadwerklike hulp wat hy aan die Hugenote gegee het ná hulle aankoms aan die Kaap in 1688 en in sy aanmoediging van boomplanting. Die V.O.C. het hom tot goewerneur bevorder in 1691 uit waardering vir sy werk. Van der Stel het in 1699 op sy wynlandgoed Constantia Suid van Kaapstad afgetree toe hy die goewerneurskap aan sy seun Willem Adriaan van der Stel afgestaan het. Hy het daar gesterf op 24 Junie 1712.

Die Laerskool Simon van der Stel in Wynberg herdenk jaarliks sy geboortedag met 'n muntlegging ten bate van Die Burger se Kersfonds. In die dorp wat sy naam dra, Stellenbosch, is sy verjaardag jaarliks feestelik herdenk met 'n optog deur die strate, feesviering op die Braak ('n grasplein in die middel van die dorp), en papegaaiskiet met 'n voorlaaier op Papegaaiberg, waar skyf geskiet is na 'n hout papegaai.

Sien ook[wysig]

Voorafgegaan deur:
Hendrik Crudop
Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop
12 Oktober 167931 Mei 1691 [3][4]
Opgevolg deur:
Voorafgegaan deur:
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
1 Junie 169111 Februarie 1699 [3]
Opgevolg deur:
Willem Adriaan van der Stel

Bronnelys[wysig]

  • Rosenthal, Eric, Encyclopedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad, 1978.

Verwysings[wysig]