Groote Schuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Agterkant van die Groote Schuur boerehuis, c1905.

Die landgoed Groote Schuur, wat sy naam aan die Hoërskool Groote Schuur, die Laerskool Groote Schuur en Groote Schuur-hospitaal verleen het, was oorspronklik in 1657 'n bergplek van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Dit het later 'n boerehuis in private besit geword. In 1893 het Cecil John Rhodes dit saam met omliggende grond teen 'n koste van £60 000 gekoop. Rhodes het opdrag gegee dat dit volgens die Kaaps-Hollandse boustyl deur die argitek sir Herbert Baker herstel word. Dit het Rhodes se persoonlike woning geword. In sy testament het hy dit bemaak as amptelike woning van die toekomstige eerste ministers van die Unie van Suid-Afrika. Dit is van 1910 tot 1983 as sulks gebruik, waarna dit as presidentswoning gedien het tot 1994.