Hong Kong Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hong Kong Internasionale Lughawe
Chek Lap Koklughawe
香港國際機場
赤鱲角機場
A bird's eye view of Hong Kong International Airport.JPG
IATA: HKGICAO: VHHH
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Airport Authority Hong Kong
Bedien Hong Kong
Ligging Chek Lap Kok, Hong Kong
Spil vir
Fokuspunt vir
  • China Airlines
  • China Eastern Airlines
Hoogte bo seevlak 28 vt / 9 m
Webtuiste http://www.hongkongairport.com
Landkaart
HKG is geleë in Hong Kong
HKG
Ligging in Hong Kong
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
07R/25L 12,467 3,800 Teer
07L/25R 12,467 3,800 Teer
Statistieke (2013)
Passasiers 61,700,000
Vrag (metrieke ton) 4,300,000
Lugbewegings 382 460
Ekonomiese impak $28.3 miljard[2]
Internasionale Lughawensraad[3]

Hong Kong Internasionale Lughawe (IATA: HKG, ICAO: VHHH), ook bekend as Chek Lap Koklughawe is die lughawe van Hong Kong wat op Lantau-eiland by Chek Lap Kok gebou is, en in 1998 geopen is. Dit is een van die voorste lughawens ter wêreld en het die "Wêreldlughawe van die Jaar" toekenning van Skytrax reeds 7 keer in 10 jaar gewen. Dit is die tuishawe van Cathay Pacific, Dragonair, Hong Kong Airlines, Hong Kong Express en Air Hong Kong (vragdraer). Dit is die derde besigste lughawe in terme van die passasiers in Asië en die besigste in die wêreld in terme van vragverkeer.

Die lughawe het 'n hoogs gevorderde snelweg- en spoorwegstelsel wat dit verbind met Hong Kongstad. Die bouprojek was een van die grootste in die wêreld en het op Discovery Channel se "Tien grootste moderne projekte van die wêreld" verskyn. Dit is ontwerp deur die bekende argitek Norman Foster. Die doel van die lughawe was om die opeenhoping van verkeer, wat die ou Kai Tak Lughawe nie kon hanteer nie, te verlig. Dit bly een van die beste lughawens in die wêreld, saam met Lughawe Singapoer Changi en Seoul se Incheon Internasionale Lughawe.

Die lughawe is kommersieel operasioneel sedert dit die voormalige Kai Tak Lughawe vervang het in 1998, en is 'n belangrike streeksoordragsentrum, passasiersmiddelpunt en toegangsbestemming vir Sjina (met 44 bestemmings) en die res van Asië. Die lughawe is tans die wêreld se besigste vragpoort en een van die wêreld se besigste passasierslughawens. [4]

Die Hong Kong Internasionale Lughawe huisves ook van die wêreld se grootste passasiersterminaalgeboue (die grootste toe dit geopen het in 1998) en is een van die besigste lughawens in Asië. Die lughawe is een van die spille vir Oneworld Alliance, en een van die Asiatiese-Stille Oseaan vragspille vir UPS Airlines. [1] Dit is 'n fokusstad vir vele rederye, waaronder China Airlines (Taiwan), China Eastern Airlines. Singapore Airlines, Ethiopian Airlines, Virgin Atlantic en Air India wat Hong Kong as 'n halte gebruik vir hul onderskeie vlugte.

HKIA is 'n belangrike bydraer tot Hong Kong se ekonomie, met ongeveer 65,000 werknemers. Meer as 100 lugdienste bedryf vlugte vanaf die lughawe na meer as 180 stede regoor die wêreld. In 2013 het HKIA 59,900,000 passasiers hanteer, dit maak dit die 11de besigste lughawe wêreldwyd volgens passasiersverkeer. [5] Dit het ook Memphis Internasionale Lughawe verbygesteek om die wêreld se besigste lughawe vir vragverkeer te word. [6]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 UPS Air Operations Facts - UPS Pressroom
  2. Hong Kong Internasionale Lughawe - Ekonomiese en sosiale impak”. Ecquants. URL besoek op 7 September 2013.
  3. 2012 Passasiersverkeer”. (PDF) 26 Maart 2013. URL besoek op 13 April 2013. (en)
  4. About Hong Kong Airport”. URL besoek op 13 April 2013.
  5. Citefout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named 2012stats
  6. Denslow, Neil (26 January 2011). “Cathay Pacific, Hong Kong Airport Become Biggest for Freight”. Bloomberg BusinessWeek. URL besoek op 7 Mei 2011.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.