Hugenote-kollege

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Hugenote-Kollege
Ou foto van die Hugenote-Kollege uit die Wellington Museum se argief

Die Hugenote-kollege op Wellington in die Wes-Kaap is in 1874 gestig deur mes. Anna Bliss en Abbie Park Ferguson as die Hugenote-Seminarie, die eerste inrigting in Suid-Afrika waar vroue opleiding in hoër onderwys kon ontvang. Dit het groot aanmoediging van die NG Kerk en ds. Andrew Murray gekry en is besoek deur dogters van gesiene families. Dit het later graadprogramme aangebied onder die vleuels van die Universiteit van Suid-Afrika, maar skakel vanaf 2010 in onder die akademiese vleuels van die Universiteit van Stellenbosch.

Dit bied tans grade aan in maatskaplike werk, jeugwerk en gemeenskapontwikkeling. Die kampus met sy geskiedkundige geboue is ook die tuiste van kerklike uitgewers soos Bybel Media en die Tydskrifte-Maatskappy.

Eksterne skakels[wysig]