Irkoetsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Irkoetsk-oblast.
Irkoetsk
Иркутск
Die Kazanski-kerk in Irkoetsk.
Die Kazanski-kerk in Irkoetsk.
Vlag van Irkoetsk
Vlag
Wapen van Irkoetsk
Wapen
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland
Ligging van Irkoetsk op 'n kaart (Irkoetsk-oblast)
Irkoetsk
Irkoetsk
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland
Koördinate: 52°18′44″N 104°17′45″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Irkoetsk-oblast
Stigting 1661
Stadstatus 1686
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Wiktor Kondraschow
Oppervlak
 - Stad 324 km²  (125,1 vk m)
Hoogte 444 m (1 457 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 587 225
 - Digtheid 1 812/km² (4 693,1/myl2)
Tydsone IRKT (UTC+09:00)
Poskode 6640xx
Skakelkode(s) 7 3952
Webwerf: irkutsk.ru

Irkoetsk (Russies: Иркутск) is een van die grootste stede in Siberië en die hoofstad van die Irkoetsk-oblast. Dit is 5 185 km per spoorlyn van Moskou en het ’n bevolking van 587 225 (2010-sensus).

Geskiedenis[wysig]

Irkoetsk vanuit die ruimte gesien.

Irkoetsk het gegroei uit die winterkwartiere wat in 1652 deur Jakof Pochabof gestig is vir goudhandel en die insameling van belasting in die vorm van pelse (jasak) van die Boerjate.

Dit het in 1686 amptelike stadstatus van die Russiese regering gekry. Die eerste pad tussen Irkoetsk en Moskou, die Siberiese Pad (Сибирский Тракт; Sibirski Trakt), is in 1760 gebou. Die stad se ekonomie het baatgevind by dié pad en talle produkte wat voorheen van Sjina ingevoer is, was vir die eerste keer vrylik beskikbaar, soos goud, diamante, pelse, hout, sy en tee.

In die 19de eeu is talle Russiese kunstenaars, offisiere en adellikes na Siberië verban en Irkoetsk het ’n groot sentrum geword vir die sosiale en intellektuele lewe van die bannelinge. ’n Groot deel van die stad se kulturele erfenis is van hulle afkomstig. Baie van die houthuise, wat met die hand versier is, vorm ’n skerp kontras met die standaard-Sowjet-woonstelblokke daar naby.

Eksterne skakels[wysig]