Kilimandjaro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Kilimandjaro
Kilimangiaro foto aerea.jpg
Die berg Kilimandjaro
Ligging: Kilimandjaro-gebied, Tanzanië; histories: Duits-Oos-Afrika
Hoogte: 5 895 meter
Reeks: Alleenstaande berg in die Kilimandjaro-massief
Koördinate: 3°4′33″S 37°21′12″O
Tipe: Stratovulkaan
Datum van eerste bestyging: 1899
Eerste bestyger(s): Hans Meyer en Ludwig Purtscheller
Maklikste roete: Voetslaan
Kaart wat die Kilimandjaro en die Mount Meru vertoon.

Kilimandjaro (Engels: Mount Kilimanjaro) is 'n bergmassief in Afrika wat in die noordooste van Tanzanië aan die grens met Kenia geleë is. Met sy hoogte van 5895 meter is dit die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld. Die massief bestaan uit die drie vulkane: Kibo, Mawenzi en Shira. Tussen 1885 en 1918 was die berg die hoogste punt op Duitse gebied en tussen 1902 en 1918 was die berg Kaiser-Wilhelm-Spitze of Wilhelmskuppe genoem. Die gebied word sedert 1987 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die hoogste punt op die berg staan bekend as Uhuru-piek. Daar is sewe roetes wat lei na Uhuru-piek met slegs een wat werklike klimwerk vereis. Die temperatuur daal tot by -30 °C bo-op die berg.[1]

Verwysings[wysig]

  1. 'n Week se verlof, sowat R21,000 en baie wilskrag. Beeld 9 Maart 2013

Eksterne skakels[wysig]