Lethrinidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lethrinidae
Lethrinus miniatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Lethrinidae
Subfamilies

Lethrininae
Monotaxinae
Sien teks vir spesies.

Die Keisers, Kaalneuse en Grootoogbrasse (Lethrinidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is ongeveer vyf genera met meer as veertig spesies wat hoort tot dié familie en sestien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig]

Die familie se dorsale vinne is aaneenlopend en die stertvinne gevurk. Die hele familie het skubbe. Die familie word tussen 20 – 80 cm groot.

Habitat[wysig]

Die familie leef naby of by koraalriwwe en hulle is naglewend. 'n Paar spesies se onvolwasse visse leef in riviermondings. Hulle is almal afwisselende hermafrodiete. Die familie is gewilde eetvis.

Genera[wysig]

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Gymnocranius
  • Lethrinus

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]