Li Na (tennisspeler)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Li Na
Li Na January 2015.jpg
Li Na in 2015
Land Vlag van die Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Woonplek Wuhan, Hubei, Volksrepubliek van Sjina
Geboortedatum 26 Februarie 1982 (1982-02-26) (33 jaar oud)
Geboorteplek Wuhan, Volksrepubliek van Sjina
Lengte 1,72 m
Begin as professioneel 1999
Afgetree April 2002–Mei 2004; 19 September 2014
Speel Regshandig (tweehandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $16 709 074
Enkelspel
Loopbaantitels 9 WTA, 19 ITF
Hoogste rang No. 2 (17 Februarie 2014)
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (2014)
Franse Ope W (2011)
Wimbledon KE (2006, 2010, 2013)
VSA Ope HE (2013)
Toer Eindronde E (2013)
Olimpiese Spele HE – 4de (2008)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 121–50
Loopbaantitels 2 WTA, 16 ITF
Hoogste rang No. 54 (28 Augustus 2006)
Australiese Ope 2R (2006, 2007)
Franse Ope 2R (2006, 2007)
Wimbledon 2R (2006)
VSA Ope 3R (2005)
Olimpiese Spele 2R (2012)

Li Na (Sjinees: 李娜; pinyin: Lǐ Nà [lìnɑ̂]) (gebore 26 Februarie 1982 in Wuhan) is 'n voormalige tennisspeler vanaf die Volksrepubliek van Sjina wat in 1999 professioneel begin tennis speel het.

Li was die eerste Sjinees wat vir 'n Grand Slam-toernooi geplaas is en die eerste Sjinees op die wêreldranglys van top-10 tennisspelers. Daarnaas was sy die eerste Sjinees wat die kwarteindstryd van 'n Grand Slam kon bereik (2006 op Wimbledon). In 2011 bereik sy die eindstryd van die Australiese Ope, die eerste Sjinees wat so ver kon deurdring.

Op 4 Junie 2011 maak sy haar deurbraak en word die eerste speler van Asië om 'n Grand Slam-enkelspeltitel te wen toe sy vir Francesca Schiavone van Italië met 6-4, 7-6 op Roland Garros geklop het.[1]

In 2014 verower sy haar tweede Grand Slam-titel deur Dominika Cibulkova met 7–6(7–3), 6–0 in die Australiese Ope te klop.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Li Na maak geskiedenis by Franse Ope, Nuus24, besoek op 4 Junie 2011.