Mechelen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mechelen
Malines
Sint-Rombouts-katedraal
Sint-Rombouts-katedraal
Vlag van Mechelen
Vlag
Wapen van Mechelen
Wapen
Ligging van Mechelen in die provinsie Antwerpen
Ligging van Mechelen in die provinsie Antwerpen
Koördinate: 51°02′00″N 4°29′00″O
Land Vlag van België België
Gewes (deelstaat) Flag of Flanders.svg Vlaandere
Provinsie Flag of Antwerp.svg Antwerpen
Regering
 - Burgemeester Bart Somers (VLD)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 65,2 km²  (25,2 vk m)
Bevolking (1 Januarie 2011)
 - Munisipaliteit 81 972
 - Digtheid 1 257/km² (3 255,6/myl2)
Poskode 2800, 2801, 2811, 2812
Skakelkode(s) 015 – 03
Webwerf: www.mechelen.be

Mechelen (Frans: Malines) is 'n Belgiese stad in die suidweste van die Vlaamse provinsie Antwerpen, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 65 km² en sowat 82 000 inwoners (2011).

Stadhuis van Mechelen

Mechelen lê aan die Dyle-rivier en grens aan die munisipaliteite Willebroek, Rumst, Sint-Katelijne-Waver, Bonheiden, Boortmeerbeek, Zemst en Kapelle-op-den-Bos.

Die historiese huise langs die Dyle, die IJzerenleen (straat) en die Groot Markplein in die historiese stadsentrum lok besoekers. Die stad het baie besienswaardighede. Die Middeleeuse Lakenhal en Sint-Rombouts-katedraal is deur UNESCO as wêrelderfenis aangewys, terwyl die museum vir die kulturele genot van besoekers is.

Daar is verskeie hotelle en restaurante.

Die Sint-Rombouts-katedraal se toring is 97 meter hoog. Mechelen is die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop.

In die 9de eeu word die streek van Mechelen deur die Wikings geplunder. Die stad het eers in die 11de eeu ontstaan. Karel die Stoute, hertog van Boergondië, vestig in 1473 die rekenkamer en die parlement (groot raad) in die stad.

Besienswaarighede[wysig]

  • Sint-Rombouts-katedraal
  • Hof van Busleyden
  • Stadhuis (UNESCO-wêrelderfenis)
  • Tivoli park
  • Brusselpoort
  • Grote Markt
  • Het Hof van Savoye
  • die Klein en Begijnhof
  • Technopolis
  • Dossinkazerne

Geboortes[wysig]

  • Rembert Dodoens (1517–1585), dokter
  • Rik Wouters (1882-1916), skilder

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mechelen (kategorie)