Memelland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die vlag van Memelland
Die ligging van Memelland in Litaue
Posseëls wat tussen 1920 en 1925 in Memelland uitgereik is

Memelland of Memelgebied, Litaus Klaipėdos kraštas, was 'n geografiese term wat tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog na dié gedeelte van Oos-Pruise verwys het wat noord van die Memel- (Duits) of Nemunas-rivier (Litaus) geleë is, in 1920 deur die geallieerde en geassosieerde magte onder Franse administrasie geplaas en in 1923 deur Litaue geannekseer is. Die term word in die Duitse taalgebied nog steeds gebruik.

Die landstrook met 'n lengte van 140 en 'n wydte van maksimaal 20 kilometer is in 1939 deur 145 000 mense bewoon. Die grootste stad was Memel (tans Klaipėda) met 'n bevolking van 40 000, Heydekrug (Litaus Šilutė) met 'n bevolking van 5 0000 en Pogegen (Pagėgiai) met 2 800 inwoners.