Monopoly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die 12 speelstukke van die V.S. Deluxe Edition Monopoly.

Monopoly is een van die bekendste bordspele en is gemaak deur Hasbro en Parker Brothers. Deelnemers kompeteer om rykdom te vermag deur gestileerde ekonomiese aktiwiteite, soos die koop, huur en verhandel van eiendom. Speelgeld word gebruik en deelnemers maak beurte om om die bord te skuif met behulp van 'n dobbelsteen. Die spel is na die ekonomiese konsep "monopolie" vernoem: die dominering van 'n mark deur 'n enkele verskaffer.

Sedert Charles Darrow die speletjie in 1935 gepatenteer het (aldus Hasbro), het 750 miljoen mense dit gespeel, wat dit die mees gespeelde kommersiële bordspeletjie in die wêreld maak. Die 1999 Wêreldrekordboek deur Guinness het Hasbro se vorige statistiek van 500 miljoen mense aangehaal.