Mourne Mountains

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mourne Mountains
Na Beanna Boirche
Mournes wiki.jpg
Die Mourne Mountains, soos gesien vanuit St. John's Point, graafskap Down
Ligging: Noord-Ierland,
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Hoogte: 850 meter
Koördinate: 54°10′N 06°05′W

Die Mourne Mountains [ˈmɔərn], ook die Mournes of Mountains of Mourne genoem, is 'n graniet-bergreeks in die graafskap Down in die suid-ooste van Noord-Ierland. Dit bevat die hoogste pieke in Noord-Ierland en die provinsie Ulster. Die hoogste piek is Slieve Donard (850 m bo seevlak).

Die Mournes word as 'n landskap van buitengewone natuurlike skoonheid beskou, en daar is voorgestel om 'n nasionale park in die gebied te skep wat tans gedeeltelik in besit van die National Trust is en jaarliks 'n groot getal besoekers lok.

Die naam Mourne (wat vroeër Morne gespel is) is van 'n Gaeliese clan afgelei, die Múghdhorna.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Patrick Joyce: The Origin and History of Irish Names of Places. Dublin: McGlashan & Gill 1869, bl. 128