Natalie du Toit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Natalie du Toit (gebore 29 Januarie, 1984) is 'n bekende Suid-Afrikaanse swemmer.

2004 Paralimpiese Spele[wysig]

Sy het vyf goue medaljes tydens die 2004 Paralimpiese Spele verower.

2008 Olimpiese- en Paralimpiese Spele[wysig]

Du Toit het gekwalifiseer om aan die Olimpiese Somerspele 2008 deel te neem saam met "normale" atlete. Daarby word sy die eerste vroulike geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer [1][2]. Tydens die Spele behaal sy 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2uur 49.9 sekondes in die 10km swem marathon. Haar tyd is min of meer 'n minuut en 'n half stadiger as die van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.

Sy het ook die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse vlag in die Beijing Nasionale Stadion tydens beide die openingseremonies van die 2008 Olimpiese en Paralimpiese Spele in te dra. Sy was die eerste atleet in die geskiedenis van die moderne Spele wat die eer te beurt geval het.

Op die eerste dag van die Paralimpiese Spele het sy reeds haar eerste goue medalje vir die 100m vlinderslag ingepalm.

2012 Paralimpiese Spele[wysig]

Du Toit wen Suid-Afrika se eerste goue medalje in die 100m-vlinderslag (S9) met 'n tyd van 1.09.30.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]