Ojos del Salado

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ojos del Salado
Ojos del Salado summit.jpg
Die Chileense bergspits van die Ojos del Salado soos vanaf die Argentynse een gesien
Ligging: Atacamawoestyn, Chili en Argentinië
Hoogte: 6 893[1] meter
Reeks: Andes
Koördinate: 27°06′34″S 68°32′24″W
Bergtipe: Stratovulkaan
Datum van eerste bestyging: 26 Februarie 1937
Eerste bestyger(s): Justyn Wojsznis en Jan Szczepanski
Ojos del Salado soos vanaf die suide gesien

Ojos del Salado (volle naam: Nevado Ojos del Salado) is 'n berg in Suid-Amerika wat in die ooste van die Atacamawoestyn op die grens tussen Argentinië en Chili geleë is. Met 'n hoogte van 6 893 meter is dit die hoogste vulkaan ter wêreld, die tweede hoogste berg in die Andes, Suid-Amerika, die Amerikas, die Suidelike Halfrond en die Westelike halfrond ná die Aconcagua. Die Ojos del Salado is die tweede hoogste berg buite Asië en die 189ste hoogste berg ter wêreld.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ojos del Salado, Argentina/Chile" Peakbagger.com. Besoek op 30 April 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]