Olympic Park (Londen)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olympic Park
Lugfoto van Olympic Park, 16 April 2012.
Lugfoto van Olympic Park, 16 April 2012.
Kaart van Olympic Park.
Kaart van Olympic Park.
Ligging van Olympic Park op 'n kaart (Groter Londen)
Olympic Park
Olympic Park
Kaart van Olympic Park.
Koördinate: 51°32′46″N 0°00′47″W Koördinate: 51°32′46″N 0°00′47″W
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Flag of England.svg Engeland
Graafskap Groter Londen
Tydsone MGT (UTC±00:00)
 - Somer (DST) BST (UTC+01:00)
Skakelkode(s) 020
Webwerf: london2012.com

Die Olympic Park-kompleks is die hoofligging van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele. Die kompleks lê in Stratford, Newham in die Verenigde Koninkryk. Binne die kompleks kan die Olimpiese Stadion, ses ander fasiliteite, die Orbit-uitkyktoring en die Olimpiese dorp gevind word.

Die Olimpiese Park sal na afloop van die Spele, in 2013, na koningin Elizabeth vernoem word. Die park sal dan die Queen Elizabeth Olympic Park heet.[1]

Fasiliteite[wysig]

Die volgende fasiliteite is in die park beskikbaar:

Vervoer[wysig]

Die Olimpiese Park lê langs die Stratford- en Stratford Internasionale treinstasies. Die openbare vervoernetwerk rondom Stratford is uitgebrei om die groot aantal reisigers effektief na en van die Spele te kan vervoer. Tydens die Spele sal besoekers van tien verskillende spoorlyne gebruik kan maak. Dit verskaf 'n totale kapasiteit van 240 000 passasiers per uur.

Na die Spele[wysig]

Na die Spele sal die Olimpiese Park as volg gebruik word:[2][3]

  • Die Olimpiese Park word omvorm tot een van die grootste stadsparke wat in die afgelope 150 jaar in Europa aangelê is. Die park is ontwerp om die plaaslike ekologie te verryk deur vleilande te herstel en inheemse flora te plant.
  • 'n Nuwe universiteit word opgerig wat van die moderne sportfasiliteite en kommunikasie-infrastruktuur gebruik kan maak. Die universiteit gaan in sportwetenskap, digitale media en groen tegnologieë spesialiseer.
  • Die sportfasiliteite word aan plaaslike sportverenigings beskikbaar gestel.
  • Die Olimpiese dorp word tot 3 600 woonstelle ombou en op die plaaslike mark verkoop.
  • Die ArcelorMittal Orbit, 'n staal-uitsigtoring en die grootste kunswerk in die Verenigde Koninkryk sal vir besoekers oop bly.[4]
Panorama

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: