Olimpiese Stadion (Londen)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olimpiese Stadion
Olympic Stadium (London), 16 April 2012.jpg
Ligging Stratford, Londen
Koördinate 51°32′19″N 0°00′59″W
Eerste sooi gespit 2007
Gebou 2011
Geopen 2011
Eienaar
Operateur Olympic Delivery Authority
Oppervlak Baan en veld (gras)
Boukoste £486 miljoen [1]
Argitek Peter Cook en Populous
Struktuuringenieur Buro Happold
Diensteingenieur Buro Happold
Hoofkontrakteurs Sir Robert McAlpine Ltd
Tuisveld van Olimpiese Somerspele 2012
Paralimpiese Somerspele 2012
Wêreld Atletiek-kampioenskappe van 2017
Kapasiteit
80 000

Londen se Olimpiese Stadion is in die Olimpiese Park in Stratford, Newham in die Verenigde Koninkryk geleë. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere atletiek-items sal hier aangebied word. Die stadion het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk maak (na Wembley-stadion en Twickenham-stadion. Die stadion is ook gekies om die Wêreld Atletiek-kampioenskappe van 2017 te huisves.

Geskiedenis[wysig]

Daar is in die somer van 2007 met die voorbereiding van die grond begin. Die amptelike konstruksie is op 22 Mei 2008 begin, hoewel werksaamhede reeds vier weke voor dit begin het.

Fotogalery[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Koördinate: 51°32′19″N 0°00′59″W