Pelé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pelé
Pele200802FabioRodriguesPozzebomAgenciaBrasil.jpg
Pelé in 2008
Persoonlike inligting
Geboortenaam Edson Arantes do Nascimento
Gebore 23 Oktober 1940 (1940-10-23) (74 jaar oud)
Geboorteplek Três Corações, Brasilië
Hoogte 1,73 m
Speelposisie Vorentoe[1][2][3][4]
Aanvallende middelveldspeler[5][6][7][8][9]
Jeug-loopbaan
1953–1956 Bauru
Senior-loopbaan*
Jare Span Kere (Doele)
1956–1974 Santos 638 (619)
1975–1977 New York Cosmos[10] 56 (31)
Total 694 (650)
Nasionale span
1957–1971 Brasilië 92 (77)
Sjabloon:Infobox medal templates
* Kere vir senior klub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Edson Arantes do Nascimento (gebore op 23 Oktober 1940 in Três Corações, Brasilië), beter bekend as Pelé, is 'n voormalige Brasiliaanse sokkerspeler en word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye.[11] Hy is ook deur die Internasionale Olimpiese Komitee tot die Atleet van die Eeu benoem.[12]Alhoewel sy geboortesertifikaat wys dat sy eerste naam "Edison" is (hy is vernoem na Thomas Edison), verwys hy na homself as "Edson", maar dit is as "Pelé" wat hy 'n sportlegende geword het.

Pelé het 'n nasionale held in sy tuisland geword, waar die regering hom tot 'n nasionale skat verklaar het. Hy is bekend vir sy prestasies in en bydraes tot sokker[13] en FIFA het amptelik verklaar dat hy die sokkerambassadeur van die wêreld is. Hy bied ook sy ondersteuning aan beleide wat die sosiale omstandighede van die armes probeer verbeter; toe hy sy duisendste doel aangeteken het, het hy dit aan die arm kinders van Brasilië opgedra.[14] Deur die loop van sy loopbaan het hy bekend gestaan as "die Koning van Sokker (O Rei do Futebol), "die Koning Pelé (O Rei Pelé) of slegs "die Koning" (O Rei). Hy is ook lid van die Amerikaanse Nasionale Sokker Eregalery.

Pelé het op 15-jarige ouderdom vir die Santos-sokkerklub begin speel en reeds met 16 saam met die nasionale span uitgedraf: saam met sy span het hy sy eerste Wêreldbeker op die ouderdom van 17 gewen. Alhoewel hy talle aansoeke van Europese klubs gehad het, was die ekonomiese omstandighede en die destydse Brasiliaanse Sokkerregulasies ten gunste van die Brasiliaanse Santos-sokkerklub en het hy tot 1974 vir hulle gespeel. Pelé het binnevoorspeler, doelskopper en spelskepper gespeel. Sy tegniek en natuurlike atletiese vermoëns is alom geprys; hy was beroemd vir sy uitstekende dribbelwerk en aangee, sy pas, kragtige skoppe en tallose doele.

Hy is die speler met die meeste doele in die geskiedenis van die nasionale Brasiliaanse sokkerspan en is die enigste sokkerspeler wat al deel was van drie spanne wat die Wêreldbeker verower het. Hy het egter nie die 1962-toernooi voltooi nie, as gevolg van 'n besering. FIFA het egter in November 2007 aangekondig dat die medalje tog aan hom toegeken sal word.

Sedert sy aftrede in 1977 is Pelé 'n sokkerambassadeur.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Pelé and Maradona – two very different number tens". FIFA.com. Besoek op 14 Oktober 2012.
  2. Arantes, Edson (2007). My Life and the Beautiful Game: The Autobiography of Pele. Skyhorse Publishing, 108,. ISBN 1-60239-196-3. 
  3. "The Great Creators". FIFA.com. Besoek op 14 Oktober 2012.
  4. "Pele edges Eusebio as Santos defend title". FIFA.com. Besoek op 14 Oktober 2012.
  5. (2006) Pelé: The Autobiography. London: Simon & Schuster UK Ltd, 41,. ISBN 978-1-4165-1121-2. 
  6. "Santos profile: Pele". Santos Futbol Clube. Retrieved 14 October 2012
  7. "Attacking midfielder/‘Hole’ player". Talk Football. Besoek op 14 Oktober 2012.
  8. Pele: Xavi. FIFA.com. Besoek op 14 Oktober 2012.
  9. Quand Pelé rêvait d'être Xavi. L'equipe. Besoek op 14 Oktober 2012.
  10. NASL Player Profile – Pele”. Nasljerseys.com. URL besoek op 12 Junie 2010.
  11. PELE – International Football Hall of Fame”. IFHOF. URL besoek op 2008-11-20.
  12. Pelé still in global demand”. CNN Sports Illustrated: 2002-05-29. URL besoek op 2008-05-30.
  13. Pelé, King of Futbol”. ESPN. URL besoek op 2006-10-01.
  14. "Dedico este gol às criancinhas"”. Gazeta Esportiva. URL besoek op 2008-05-30.