Poekoe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Poekoe
Ram (Zambië)
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Genus: Kobus
Spesie: K. vardonii
Binomiale naam
Kobus vardonii
(Livingstone, 1857)

Die Poekoe (Kobus vardonii) is 'n wildsbok wat in die noorde van Botswana voorkom. Die Poekoe is 'n middelslagbok met 'n horisontale rug. In Engels staan dit bekend as 'n Puku.

Kleur[wysig]

Die bok is goudbruin feitlik oor sy hele lyf en die pens is wit. Die voorkop is donkerder as die lyf. Dele bokant die oë en om die mond is dit wit. Agter die ore is 'n breë donkerbruin rand. Die horings lyk amper soos die van 'n Rooilechwe, maar is korter en meer regop.

Ram[wysig]

Die ramme word tot 91 kg swaar en die horings gemiddeld 45 cm lank en die rekord is 56.2 cm.

Ooi[wysig]

Die ooie word tot 80kg swaar en het nie horings nie. Een lammetjie word jaarliks gebore na 'n dratyd van 8 maande; die hoogte punt is tussen Mei en September.

Ander feite[wysig]

Die bok is 'n kuddedier met troppe wat van 6 tot 28 diere groot is. Die troppe betsaan uit ooie en jong diere. Die ramme is territoriaal en loop alleen. Die ram maak gedurende paartyd vir hom 'n paar ooie bymekaar. Die bokke kom voor in grasvlaktes tussen die vloedvlaktes en omliggende boomveld. Hulle vreet hoofsaaklik gras en hulle natuurlike vyande is die jagluiperd, luiperd, leeu en wildehond.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Kobus vardonii. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 17 Januarie 2009.