Wildehond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wildehond
'n Wildehond in die Melbourne-dieretuin.
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Canidae
Subfamilie: Caninae
Genus: Lycaon
Brookes, 1827
Spesie: L. pictus
Binomiale naam
Lycaon pictus
(Temminck, 1820)
Verspreiding van die wildehond.
Verspreiding van die wildehond.

Die wildehond (Lycaon pictus) is 'n karnivoor en soogdier uit die familie Canidae. Wildehonde kom slegs in Afrika voor, veral in struikvelde en ander lig beboste gebiede. Dit is die enigste spesie in die genus Lycaon.

Bou[wysig]

Die soogdier het groot, ronde ore, 'n kort donker snoet en langerige hare. Kenmerkend is hul lang wit sterte wat opgelig word wanneer hulle opgewonde is. Hulle is oorwegend wit met geelwit, swart en skakerings van bruin vlekke oor die hele lyf. Daar is 'n donker streep van die voorkop na agter oor die kop. 'n Volwasse wildehond het 'n gemiddelde massa van 25 kg en 'n hoogte van tussen 60 en 75 cm.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle verkies bosveld of operige dele. Die diere lewe in troppe van gewoonlik 10 - 15 diere wat saam jag en kossoek. Hulle maak staat op hul sig eerder as reuk tydens jagtogte. Die wyfie is telkens vir twee maande dragtig en skenk dan gewoonlik in die winter geboorte aan twee tot ses kleintjies. 'n Wildehond het 'n moontlike lewensduur van tien jaar. Na 'n jagtog vomeer die grotes by die kleintjies sodat hulle ook kan eet.

Twee wildehonde verskeur 'n stuk vleis.

Wildehonde jag normaalweg in troppe: die prooi word gejag en in die hardloop verskeur.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  1. McNutt et al (2008). Lycaon pictus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 06 May 2008. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie bedreigd is.
  • Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • McNutt, J.W., Mills, M.G.L., McCreery, K., Rasmussen, G., Robbins, R. & Woodroffe, R. 2004. Lycaon pictus. In: IUCN 2007. 2007 IUCN se Rooi Lys van Bedreigde Spesies. <www.iucnredlist.org>. Verkry op 14 Maart 2008.