Riksja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Riksja.
'n Riksja word tydens 'n huwelik in Indië ingespan.

'n Riksja verwys na 'n mens-aangedrewe wa wat vir ligte vervoer gebruik word.

Riksjas het hul ontstaan aan Japan te danke en is na Natal (tans KwaZulu-Natal) gebring deur ‘n suikermagnaat, Sir Marshall Campbell in die 1890’s. Teen 1903 was daar meer as ‘n duisend riksjas in Durban wat as ‘n vorm van openbare vervoer gedien het. Ander riksjas het in Pietermaritzburg, Kaapstad, Pretoria en selfs Rhodesië (vandag Zimbabwe) diens gedoen.

Funksionaliteit het met tyd riksjas in toeriste-aantreklikheid verander. Teen die 1930’s het Riksjas oral verdwyn behalwe in Durban, waar ‘n klompie steeds toeriste aan die Durbanse strandfront bedien. Die Zoeloe riksja trekkers het baie versierings begin aanbring en die riksja en sy waentjie versier hulself met kralewerk, pels en etlike kleurvolle artikels.