Rys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rys (Oryza sativa)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
Klas: Monocots
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Genus: Oryza
Spesie: O. sativa
Binomiale naam
Oryza sativa
L.

Rys (Oryza sativa) behoort soos alle grane tot die grassefamilie (Poaceae) en is 'n stapelvoedsel vir 'n groot deel van die wêreldbevolking, veral in die warmer streke. In die subtrope word die ondersoort Oryza sativa subspesie japonica verbou, terwyl in die trope die ondersoort Oryza sativa subspesie indica die oorhand het. Sjina is die grootste verbouer en verbruiker van rys en Thailand is die grootste uitvoerder. Thailand verskaf sowat 75% van Suid-Afrika se verbruikte rys. [1] Die Amerikaanse departement van landbou raam dat Suid-Afrika se rysbehoefte sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994 verdubbel het.[1]

Oorsprong[wysig]

Rys kom oorspronklik van suidoos-Asië, waar verbouing reeds minstens 8 000 jaar gelede aan die gang was.[2] In groot dele van Asië is die kookkuns tot vandag nog grootliks op rys gebaseer.

Rys is reeds in 711 deur Arabiere na Spanje gebring, maar het eers teen die Middeleeue die res van Europa bereik.[2] Daar is dit aanvanklik as bestanddeel vir nageregte gebruik, soos byvoorbeeld om dit met melk en suiker te eet.

Verbouing in Suid-Afrika[wysig]

In Suid-Afrika is ná die Tweede Wêreldoorlog begin met die kommersiële verbouing van rys in die warm, nat noordoostelike dele van die land.[2] In 2011 is 'n loodsprojek in Hartswater, in die Noord-Kaap, van stapel gestuur.[1] In die verlede is rysverbouing in Suid-Afrika in die ­wiele gery as gevolg van die groot hoeveelheid water wat nodig is om die ouer kultivars te kweek, maar met sekere nuwer kultivars kan rys nou met dieselfde hoeveelheid water as koring verbou word.[1]

Wêreldproduksie in 2011[wysig]

Rang Land Miljoen metrieke ton
1 Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 202.67
2 Vlag van Indië Indië 157.9
3 Vlag van Indonesië Indonesië 65.74
4 Vlag van Bangladesj Bangladesj 50.63
5 Vlag van Viëtnam Viëtnam 42.40
6 Vlag van Thailand Thailand 34.59
7 Vlag van Burma Burma 29.01
8 Vlag van Filippyne Filippyne 16.67
9 Vlag van Brasilië Brasilië 13.48
10 Vlag van Pakistan Pakistan 9.19
11 Vlag van Kambodja Kambodja 8.78
12 Vlag van Japan Japan 8.40
13 Vlag van Verenigde State VSA 8.39
14 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 6.30
15 Vlag van Egipte Egipte 5.68
16 Vlag van Nigerië Nigerië 4.57
17 Vlag van Nepal Nepal 4.46
18 Vlag van Madagaskar Madagaskar 4.30
19 Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 3.87
20 Vlag van Iran Iran 3.2
Wêreldtotaal 722.56

[3]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Rys (kategorie)
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (af) SA kan spaar deur eie rys te kweek Geraadpleeg op 4 Januarie 2012
  2. 2,0 2,1 2,2 (af) Grasse: Belang vir die mens Geraadpleeg 4 Januarie 2012
  3. fao.org (FAOSTAT). “Countries by commodity (Rice, paddy)”. URL besoek op 2013-09-24.