Ryukyu-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ryukyu-eilande
Inheemse naam: 琉球諸島
Ligging van die Ryukyu-eilande
Ligging van die Ryukyu-eilande
Geografie
Ligging Oos-Sjinese See, Filippynse See
Koördinate 26°30′N 128°00′O
Totale eilande meer as 100
Hoofeilande Okinawa, Amami
Oppervlak 4 642,11 vk km
Hoogste punt Miyanoura-dake 1 963
Administrasie
Vlag van Japan Japan
Prefekture Okinawa, Kagoshima
Demografie
Bevolking 1 550 161
Bevolkingsgroepe Ryukyuane
Vlag van die Koninkryk van Ryukyu tot 1875.
Vlag van die Koninkryk van Ryukyu vanaf 1875 tot 1879.

Die Ryukyu-eilande (琉球諸島 Ryūkyū-shotō?)[1], in Japan bekend as Nansei-eilande (南西諸島 Nansei-shotō?) (Suidwestelike Eilande) en Ryukyu-boog (琉球弧 Ryūkyū-ko?) is 'n groep van vulkaniese eilande in die suidweste van Japan tussen die Oos-Sjinese in die weste en die Filippynse See in die ooste. Die eiland strek vanaf Kioesjoe in die noorde tot Taiwan in die suide. Die grootste van die eilande is Okinawa. Op die eilande word die Ryukyu-tale gepraat, wat saam met Japannees tot die Japonnese tale behoort.

In 1429 is die eilande in die Koninkryk van Ryukyu verenig, wat in 1879 deur Japan geannekseer is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het op 1 April 1945 die enigste veldslag op die grondgebied van Japan plaasgevind. Die Verenigde State het die eilande van 1945 tot 1972 beset, toe hulle teruggegee was aan Japan.

Verwysings[wysig]

  1. Ukita Tsuneyoshi (1993). Nihon-dai-chizuchō (Grand Atlas Japan). Heibonsha. ISBN 4-582-43402-9. 

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ryukyu-eilande (kategorie)