Saalbekooievaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Saalbekooievaar
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ciconiidae
Genus: Ephippiorhynchus
Spesie: E. senegalensis
Binomiale naam
Ephippiorhynchus senegalensis
(Shaw, 1800)
'n Saalbekooievaar besig om 'n vis te vang in Tanzanië.
Vroulike voorbeeld in Kenia – die irisse is geel

Die Saalbekooievaar (Ephippiorhynchus senegalensis) is met sy gekleurde snawel een van die kleurrykste ooievaars.

Die ooievaar kry sy naam van die saalvormige geel gedeelte aan die bokant van sy snawel. Die dieet van die saalbekooievaar bestaan hoofsaaklik uit vis, wat hy in vlak water vang. Volwasse mannetjies word ongeveer 1,40 meter hoog, terwyl vroulikes minstens 10 cm kleiner is. 'n Verdere duidelike verskil tussen die twee geslagte is oogkleur; by die mannetjie is die oë bruinagtig en by die wyfies geel. Die voëls lewe gewoonlik in pare en maak nes in bome. Saalbekooievaars kom wydverspreid oor die hele Afrika voor, maar nie op Madagaskar nie. In teenstelling met die meeste ooievaarsoorte trek hierdie voëls nie, hul woon of bly meestal in dieselfde gebied.

Ander name[wysig]

  • Wetenskaplike naam: Ephippiorhynchus senegalensis
  • Engelse naam: Saddle-billed Stork
  • Nederlandse naam: Zadelbekooievaar

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.