Saraswati

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Saraswati
Saraswati.jpg
God van Leer, die Kunste, Musiek, en rivier
Devanagari: सरस्वती
Affiliasie: Devi
Abode: Brahmapura
Mantra: Om Eim Saraswatyei Swaha
Metgesel: Brahma
Rydier: pou, swaan, Hamsavoël

Saraswati ([sə.rəs.ʋə.t̪iː]; Sanskrit: सरस्वती, sarasvatī; Thais, สุรัสวดี, Sarasawatee; Japannees :弁才天/ 弁財天 Benzaiten) is die Hindoegodin van kennis, musiek en die kunste. Saraswati word geïdenbtifiseer met die die Vediese Saraswatirivier. Sy word gesien as die metgesel van Brahma, die Hindoegod van skepping. Dus vorm sy saam met Laksjmi en Parwati of Doerga, die Tridevi ("drie godinne"), wat die gades of metgeselle van die manlike drieeenheid Brahma, Wisjnoe en Sjiwa, onderskeidelik. Saraswati se kinders is die Vedas[1], wat die oudste heilige geskrifte van Hindoeïsme is.

Saraswati is ook 'n figuur in Mahayana Boeddhisme, waar sy vir die eerste keer verskyn in die Goue Glans Soetra van die laat 4de of vroeë 5de eeu, 'n betrklik laat Mahayana Sutra.[2]


Verwysings[wysig]

  1. Sunil Sehga (1999); Encyclopaedia of Hinduism, p. 1214; Sarup & Sons, ISBN 81-7625-064-3, 9788176250641
  2. Shaw, Miranda Eberle (2006). Buddhist Goddesses of India. Princeton University Press, 237. ISBN 9780691127583.