Scharnhorst

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Scharnhorst.

Die Scharnhorst was 'n slagkruiser van die Duitse vloot in die Tweede Wêreldoorlog en is gekelder op 26 Desember 1943 tydens die Slag van Noord-Kaap.

Tegniese besonderhede[wysig]

Die skip het 31,800 ton water verplaas en was toegerus met nege 11-duim kanonne, twaalf 5.9-duim kanonne, veertien 4.1-duim lugafweer kanonne en ses 21-duim torpedobuise. Sy was aangedryf deur drie turbines wat 160,000 skeepsperdekrag gelewer het en kon 'n topspoed van 32 knope haal.

Deurbraak deur die Engelse kanaal[wysig]

Die Scharnhorst en haar susterskip, die Gneisenau, het berug geraak toe hulle op 11 Februarie 1941 uit die hawestad Brest, Frankryk en regdeur die Engelse kanaal gevaar het sonder om werklik bedreig te word deur die Geallieerdes. Hulle het op 13 Februarie in Brunsbüttel, Duitsland gearriveer. Die Scharnhorst is beskadig deur twee seemyne en die Gneisenau deur een op die tog.

Trivia[wysig]

Die Duitse vloot het tydens die Eerste Wêreldoorlog ook 'n slagskip met die naam Scharnhorst gehad.

Bron[wysig]