Shingwedzirivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Shingwedzirivier
Xingwidzi of Tshingwedzi
Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin
Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin
Oorsprong Oos-suidoos van Thohoyandou
Monding Olifantsrivier
Stroomgebied Suid-Afrika en Mosambiek
Monding-hoogte 86 m
Ligging van Shingwedzirivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Shingwedzirivier
Shingwedzirivier
Monding van die Shingwedzirivier
Koördinate: 23°53′″S 32°17′8″O Koördinate: 23°53′″S 32°17′8″O

Oorsprong en roete[wysig]

Die Shingwedzirivier is 'n rivier in Limpopo-provinsie, Suid-Afrika en Gaza-provinsie, Mosambiek.

Die rivier dreineer die plato aan die suidoostelike kant van die Soutpansberg.[1] Die oorsprong is ongeveer 40 km Oos-suidoos van Thohoyandou. Dit vloei rigting oos deur die Laeveld en daarna dwarsdeur die Krugerwildtuin.[2]

Die Shingwedzi is 'n linkerhand-takrivier van die Olifantsrivier wat 12km stroomaf van die Massingirdam aansluit by die Olifantsrivier, daarna die Limpopo, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noord van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.[3]

Oorbeweiding en besproeiing langs die rivier het deur die jare erge gronderosie veroorsaak, veral na harde reënbuie.[4]

Die rivierbedding is 'n puik plek om vir Savanne-olifante op die uitkyk te wees, aangesien troppe van 50 tot 60 algemeen hier waargeneem word.[5]

Sytakke[wysig]

Die belangrikste riviere in die Shingwedzibekken is[6]:

Damme[wysig]

Twee damme is in die Shingwedzi in die Krugerwildtuin geleë, die Kanniedooddam en die Sirhenidam,[7] Die Makuleke-dam is in die Mphongolo-rivier.

In Mosambiek[wysig]

  • Dit vloei naby die noorde-oewer van die Massingirdam verby voordat dit 12 km later aansluit by die Olifantsrivier.[8]

Verwysingslys[wysig]