Olifantsrivier, Limpopo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olifantsrivier
Rio dos Elefantes (Pt)
Die Olifantsrivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Die Olifantsrivier vloei deur die Krugerwildtuin.
Oorsprong Tussen Breyten en Bethal
Monding Limpoporivier
Stroomgebied Suid-Afrika en Mosambiek
Ligging van Olifantsrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Olifantsrivier
Olifantsrivier
Monding van die Olifantsrivier
Koördinate: 24°6′″S 32°38′25″O Koördinate: 24°6′″S 32°38′25″O
Vir ander riviere genaamd "Olifantsrivier", sien asseblief die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier.

Oorsprong en roete[wysig]

Die Olifantsrivier is 'n hooftakrivier van die Limpoporivier wat tussen die dorpe Breyten en Bethal in Mpumalanga ontspring[1]

Dit vloei deur die Witbankdam en Loskopdam, sny oos deur die Transvaalse Drakensberg by die Abel Erasmus-pas, vloei verder noordoos deur die laeveld in Limpopo en deur die Krugerwildtuin waar dit saamvloei met die Letabarivier. By die Lebomboberge sny die rivier deur die Olifantskloof en steek die landsgrens oor na Gaza-provinsie, Mosambiek, waarna dit Rio dos Elefantes heet. Hierna vloei dit in die Massingirdam in, later sluit die Shingwedzirivier by die Olifants aan. Ongeveer 40 km van die Mosambiekse grens, sluit dit by die Limpoporivier aan, voor dit suid draai en uiteindelik by Xai-Xai noord van Maputo in die Indiese Oseaan uitmond.[2]

Oorbeweiding in middeldele van die rivier het deur die jare erge gronderosie in die riviervallei veroorsaak, veral na harde reënbuie.[3] Die Olifants is een van die ergs-besoedelde riviere in Suider-Afrika.[4]

Sytakke[wysig]

Hoofsytakke[wysig]

Kleiner sytakke[wysig]

Die geskiedkundige gebied van die Pedi-bevolking, Sekhukhuneland, is geleë tussen Olifantsrivier en sy groot sytak, die Steelpoortrivier.[9]

Damme[wysig]

Sommige van die dertig groot damme in die Olifantsrivierbekken is:

In Suid-Afrika[wysig]

In Mosambiek[wysig]

Verwysingslys[wysig]

Buite skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: