Soetrissie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Soetrissie
'n Soetrissieplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
Klas: Eudicots
Orde: Solanales
Familie: Solanaceae
Genus: Capsicum
Spesie: C. annuum
Binomiale naam
Capsicum annuum
Rooi, geel en groen soetrissies. Dit word in pakke van drie verkoop en staan bekend as "verkeerslig-rissies"

Die soetrissie is die vrug van 'n bepaalde gekweekte vorm van Capsicum annuum. Ander gekweekte vorms van dieselfde soort lyk heel anders en staan ook bekend as chilipepers. Die soort kom oorspronklik uit Suid-Amerika, maar het in Europa bekendheid verwerf in Hongarye en Turkye. Rissiesaad was later na Spanje versprei in 1493 en daarvandaan na ander lande in Europa, Afrika en Asië. Sjina is tans die wêreld se grootste rissieprodusent, gevolg deur Meksiko en Indonesië.

Engelse name sluit in Bell pepper, sweet pepper of net pepper (in Brittanje en Ierland) en capsicum (in Indië, Australië en Nieu-Seeland). Dit is 'n kultivargroep van die spesie Capsicum annuum. Kultivars van die plant produseer vrugte in verskillende kleure: Rooi, geel, oranje, groen, asook bruin, ivoor, lig- en donkerpers.

Voedingswaarde[wysig]

Soetrissies het 'n redelike hoë vitamien A-inhoud. Verder bevat dit ook vitamien B6, riboflavien,vitamien C, vitamien E, kalium en mangaan.

Top rissie-produserende lande[wysig]

Land Metrieke ton (2007)
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 14 033 000
Vlag van Meksiko Meksiko 1 690 000
Vlag van Indonesië Indonesië 1 100 000
Vlag van Turkye Turkye 1 090 921
Vlag van Spanje Spanje 1 065 000
Vlag van Verenigde State VSA 855 870
Vlag van Nigerië Nigerië 723 000
Vlag van Egipte Egipte 475 000
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 345 000
Vlag van Nederland Nederland 340 000
Wêreldtotaal 26 056 900

Galery[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.