Taksim-plein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n aktuele gebeurtenis.
Die inligting op hierdie bladsy kan vinnig verander soos nuwe data beskikbaar raak.
Uitsig oor Taksim-plein vanaf Burger King.

Taksim-plein (Turks: Taksim Meydanı) is in die hartjie van die Europese deel van Istanboel, Turkye, geleë. Dit is ’n belangrike toeriste- en vermaakterrein wat bekend is vir sy restaurante, winkels en hotelle. Dit word beskou as die hart van moderne Istanboel en bevat die Republiekmonument (Cumhuriyet Anıtı), wat in 1928 gebou is en die stigting van die Republiek van Turkye herdenk.

Taksim, van die Arabiese woord taqṣīm, beteken verdeling of verspreiding. Dit was oorspronklik die plek waar die water van die noorde van Istanboel verdeel en na ander dele van die stad versprei is.

Vandag is Taksim-plein ’n belangrike vervoersentrum en ’n gewilde bestemming vir sowel toeriste as plaaslike bewoners. İstiklal Caddesi, ’n lang wandellaan, eindig by die plein, en ’n ou trem loop van die plein met die laan langs na die Tünel, wat die wêreld se tweede oudste ondergrondse spoorlyn is ná die Londense moltrein. Rondom die plein is talle reisagentskappe, hotelle, restaurante, kroeë en internasionale kitskosplekke soos Pizza Hut, McDonald's en Burger King.

Dit is ook ’n gewilde plek vir openbare geleenthede soos parades, vierings en selfs protesoptogte.

2013-betogings[wysig]

Betogers in Junie 2013 in Taksim-plein.

Taksim Gezi-park is aan Taksim-plein geleë en is ’n klein groen eiland in die betonoerwoud. In 2013 het die Istanboelse munisipaliteit begin om die park te sloop om nog ’n winkelkompleks te bou. Duisende mense betoog sedert 28 Mei daarteen en pleks van samesprekings te voer, gebruik die regerende Regs-en-Ontwikkelingsparty geweld om die ontwikkeling van die kompleks te verseker. Die polisie gebruik fisieke geweld, waterkanonne en pepersproei om die betogers uiteen te jaag.[1][2][3][4]

Die betogers kritiseer ook die eerste minister van die afgelope 10 jaar, Recep Tayyip Erdoğan, vir sy hardvogtige standpunt oor die kwessie en vir die oormatige gebruik van geweld deur die polisie.[5] Die betogings het ook na tientalle ander Turkse stede uitgebrei[6] en oral word mense in hegtenis geneem en geweld gebruik om die opstand beëindig.[7] Die betogings het op 15 Junie 2013 nog voortgeduur.


Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Belangrikste bakens van Istanboel
Aya SophiaBeyazıt-toringBlou MoskeeBosporusBosporus-brugDolmabahçe-paleisFatih Sultan Mehmet-brugGalata-toringGoue HoringGroot BasaarHippodroom van KonstantinopelMaagdetoringMure van KonstantinopelNuwe MoskeePrinse-eilandeSee van MarmaraSüleymaniye-moskeeTaksim-pleinTopkapı-paleis