Recep Tayyip Erdoğan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Recep Tayyip Erdoğan
Recep Tayyip Erdoğan

25ste premier van Turkye
Ampstermyn
14 Maart 2003 – hede
Voorafgegaan deur Abdullah Gül

Burgemeester van Istanboel
Ampstermyn
27 Maart 1994 – 6 November 1998
Voorafgegaan deur Nurettin Sözen
Opgevolg deur Ali Müfit Gürtuna

Persoonlike besonderhede
Gebore 26 Februarie 1954 (1954-02-26) (60 jaar oud)
Istanboel
Politieke party AKP
Eggenoot/eggenote Emine Gülbaran
Alma Mater Marmara-universiteit
Religie Soenni-Islam
Handtekening Recep Tayyip Erdoğan signature.png

Recep Tayyip Erdoğan (geb. 26 Februarie 1954) is sedert 2003 die 25ste en huidige premier van Turkye. Hy is ook die voorsitter van die regerende Regs- en Ontwikkelingsparty (AKP), wat die meerderheid van die setels het in die Groot Nasionale Raad van Turkye. Hy was van 1994 tot 1998 burgemeester van Istanboel.

Jong lewe en loopbaan[wysig]

Erdoğan het aan ’n Islamitiese hoërskool skoolgegaan en daarna aan die Marmara-universiteit in Istanboel se fakulteit van ekonomie en administratiewe wetenskappe studeer, waar hy in 1981 sy graad behaal het. Hy was ook van 1969 tot 1982 ’n semi-professionele sokkerspeler.

Hy is in 1994 verkies tot burgemeester van Istanboel. Hy is uit sy amp ontslaan en tot tien maande gevangenisstraf gevonnis nadat hy in 1997 tydens ’n openbare toespraak ’n gedig voorgedra het wat volgens Turkse wet beskou word as ’n aanhitsing om ’n misdaad te pleeg en aanhitsing tot godsdienstige en rassistiese haat.[1]. Ná minder as vier maande in die tronk het Erdoğan die Regs- en Ontwikkelingsparty in 2001 gestig. Van sy eerste jaar af het die AKP die party met die grootste openbare steun in Turkye geword. In die 2002-verkiesing het die party 34% van die stemme gewen en die land se eerste eenpartyregering gevorm.[2]

As premier het Erdoğan verskeie hervormings ingestel en 45 jaar nadat Turkye ’n Europese Unie-ooreenkoms onderteken het, het samesprekings vir Turkye se toelating tot die EU tydens Erdoğan se bewind begin. Terselfdertyd is inflasie in bedwang gebring en die Turkse lira is herevalueer. Rentekoerse is verminder en per capita-inkomste het aansienlik gestyg.[3] In 2007[4] en 2011 het die party weer die verkiesing gewen. Erdoğan het aangebly as eerste minister.

Hy word wyd beskou as een van die invloedrykste Turkse leiers sedert Mustafa Kemal Atatürk. Tydens sy bewind het die land ekonomies bly groei en sy posisie gevestig as ’n streekmag met wêreldwye ambisies. Erdoğan se buitelandse beleid berus na berig word op Neo-Ottomanisme, die beleid waarvolgens Turkye sy teenwoordigheid in lande wat voorheen deur die Ottomaanse Ryk regeer is, moet behou en uitbrei.[5]

Betogings[wysig]

In Mei en Junie 2013 het landwye betogings plaasgevind teen sy outoritêre regeerstyl[6] en sy beleidrigtings. Dit het begin met ’n klein, vreedsame besetting van ’n klein park aan Taksim-plein in Istanboel. Nadat die polisie die beswaarmakers met traangas en waterkanonne bestook het, het die betogings deur die hele Turkye versprei.[7]

Verwysings[wysig]

  1. "Erdoğan'a ceza şoku", 22 April 1998. URL besoek op 3 Februarie 2007.
  2. "3 Kasım 2002 seçimleri", Belgenet, 14 Maart 2003. URL besoek op 24 October 2011.
  3. Growing consumption”. Metro Group. 24 November 2011. URL besoek op 28 Julie 2012.
  4. Adil Çelik (23 Julie 2007). “22 Temmuz Seçim Sonuçlarını Nasıl Okumalı? (in Turks)”. Stratejik Boyut. URL besoek op 24 Julie 2007.
  5. Nick Tattersall (28 Februarie 2013). “Erdogan's ambition weighs on hopes for new Turkish constitution”. Stratejik Boyut. URL besoek op 9 Julie 2013.
  6. http://www.nytimes.com/reuters/2013/06/02/us/02reuters-turkey-protests-insight.html?pagewanted=all&_r=0
  7. "Protesters #OccupyGezi to save Istanbul park", Al Jazeera, 31 Mei 2013. URL besoek op 1 Junie 2013.

Eksterne skakels[wysig]