Tatamkhulu Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Tatamkhulu Afrika (7 Desember 1920 - 23 Desember 2002) was 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer.

Hy is in Egipte in 1920 gebore en het in Suid-Afrika as 'n jong kind aangekom. Hy het in die Tweede Wêreldoorlog geveg, en was 'n lid van Umkhonto we Sizwe, die ANC se militêre vleuel. Hy het sy eerste boek, Broken Earth, geskryf toe hy net sewentien was, maar dit was meer as vyftig jaar voor sy volgende publikasie, Nine Lives, die lig gesien het. Hy het op 23 Desember 2002 gesterwe weens beserings in 'n motorongeluk. Die publikasie van sy finale boek, Bitter Eden, het plaasgevind kort voor hy tot sterwe gekom het.

Poësie[wysig]

  • Nine Lives (1991)
  • Dark Rider (1993)
  • Maqabane (1994)
  • The Lemon Tree (1995)
  • Turning Points (1996)
  • Flesh and the Flame (1998)
  • The Angel and Other Poems (1999)
  • Mad Old Man Under the Morning Star (2001)

Romans[wysig]

  • Broken Earth (1940)
  • The Innocents
  • Tightrope
  • Bitter Eden (2002)

Sien ook[wysig]