Teeleend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Teeleend
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Genus: Anas
Spesie: A. capensis
Binomiale naam
Anas capensis
Gmelin, 1789

Die teeleend is 'n algemene standvoël in Suidelike Afrika.

Identifikasie[wysig]

44–48 cm. Hierdie eend is die vaalste eend wat in Suid-Afrika voorkom. Die Teeleend is hoofsaaklik grys met 'n bruin rug en pienk op die snawel. Die eend het 'n gespikkelde kop. Jong voëls besit nie die pienk kleur op die snawel nie.

Habitat[wysig]

Die habitat is oop areas van vars sowel as sout water. Voedesel bestaan uit water-plante sowel as klein gediertes.

Verspreiding[wysig]

Die Fluiteend kom voor in die meeste van Suidelike-Afrika, maar hoofsaaklik in die droë weste van die streek.

Geluid[wysig]

Die manlike eend uiter 'n Duidelike fluit, maar die vroulike eend 'n sagte kwêk.

Ander name[wysig]

  • Engelse naam: Cape Teal
  • Wetenskaplike naam: Anas capensis

Sien ook[wysig]