The Gods Must Be Crazy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
The Gods Must Be Craz
Regisseur Jamie Uys
Produksieleier Jamie Uys
Geskryf deur Jamie Uys
Met N!xau
Marius Weyers
Sandra Prinsloo
Musiek deur John Boshoff
Kinematografie Buster Reynolds
Robert Lewis
Redigeerder Stanford C. Allen
Jamie Uys
Verspreider Ster Kinekor (in Suid-Afrika)
Jensen Farley Pictures
20th Century Fox
Vrystelling 1980(in Suid-Afrika)
Speeltyd 109 min
Land Suid-Afrika
Botswana
Taal Engels
Afrikaans
Ungwatsi
Begroting $5 miljoen
Bruto wins $34,331,783
Opgevolg deur The Gods Must Be Crazy II
IMDb-profiel

The Gods Must Be Crazy is 'n hoofsaaklik Engelse rolprent wat in 1980 uitgereik is. Dit was die eerste in 'n reeks van films wat in Suid-Afrika en Botswana verfilm is en wêreldwyd opslae gemaak het. Die regisseur en skrywer was Jamie Uys.

Genre[wysig]

Die rolprent is 'n komedie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers[wysig]

En andere.

Storielyn[wysig]

Die hoofkarakter, N!xau is 'n Kalahari-Boesman wat niks van die beskawing weet nie. 'n Raserige voël (vliegtuig) laat 'n besonder nuttige voorwerp ('n leë Coke-bottel) uit die lug val, en 'n boesmankind tel dit van die grond af op. Hy neem dit huis toe waar almal in die familie skielik 'n nut vind vir die bottel. Hulle is egter ongelukkig omdat die "gode" net een gestuur het. Dit ontketen emosies soos selfsug, haat, woede en jaloesie by hulle. N!xau probeer die voorwerp teruggee, maar kan op geen manier daarvan ontslae raak nie; dit val elke terug in sy skoot. Hy vertrek toe op 'n interessante reis na die "einde van die wêreld" om dit daar te gaan afgooi, aangesien die voorwerp soveel onmin veroorsaak tuis.

Ondertussen word die wildbewaarder, Andrew Steyn gevra om die verfynde nuwe onderwyseres, Kate met 'n ou Land Rover sonder remme te gaan oplaai. Hy is egter nie so gemaklik met die skoner geslag nie, en Kate is glad nie beïndruk as hy telkens uit die bewegende voertuig spring om die hekke oop en toe te maak nie.

'n Rebellegroep onder leiding van Sam Bocha voer daarna 'n mislukte staatsgreep uit. Hulle neem Kate en 'n groep skoolkinders as gyselaars en probeer oor die grens te vlug.

Die boesman, N!xau word deur die polisie gevang nadat hy honger geword en vir homself 'n mak bok geskiet het. Hy sou nie verder in aanhouding oorleef nie en word toe maar deur die plaaslike landdros onder Andrew se toesig op die plaas geplaas.

Die rolprent bereik 'n hoogtepunt toe Xi sy jagvernuf inspan en vir Andrew help om die gyselaars te bevry.