Twitter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Twitter
Twitter.svg
Tipe webblad Sosiale netwerk
Mikrojoernaal
Taal(e) Veeltalig (Engels, Spaans, Koreaans, Japannees, Duits, Frans, en Italiaans)
Registrasie Verpligtend
Opgerig 15 Julie 2006[1]
Huidige status Aktief
URL twitter.com

Twitter is 'n gratis sosiale netwerk- en mikrojoernaal-diens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word. Die verstek verstelling is dat boodskappe in die openbaar vrygestel word, maar gebruikers kan aflewering beperk tot diegene in hul virtuele vriendekring. Gebruikers kan tweets via die Twitter-webwerf, SMS of ander eksterne toepassings stuur en ontvang. Alhoewel die Twitter-diens op sigself geen kostes dra nie, betaal die gebruiker vir toegangskostes soos internet- of SMS-fooie aan haar of sy persoonlike telekommunikasiediensteverskaffer.

Die 140-karakterbeperking wat boodskappe op Twitter dra is aanvanklik ingestel sodat boodskappe met SMS-kommunikasie versoenbaar sou wees, en hierdie beperking het tot gevolg gehad dat die snelskrif en internetsleng wat gewoonlik in SMS'e gebruik word, nou ook na die web gebring is. Die 140-karakterbeperking het ook die gebruik van URL-verkortingsdienste soos tinyurl, bit.ly en tr.im, en inhoudsakkommoderingsdienste soos Twitpic en NotePub aangemoedig, omdat hierdie inhoud en teks gewoonlik meer as 140 karakters beslaan.

Sedert dit in 2006 deur Jack Dorsey geskep is, het Twitter wêreldwyd beroemd en gewild geraak. Dit word soms as die "SMS van die internet" beskryf.[2]

Wat ons moet doen, is om aan mense die beste en varsste relevantste inligting moontlik te lewer. Ons dink nie aan Twitter as 'n sosiale netwerk nie, maar as 'n inligtingsnetwerk. Dit vertel mense waaroor hulle omgee soos wat dit in die wêreld gebeur.
Evan Williams[3]

Twitter het hul nuus- en inligtingsnetwerkstrategie in November 2009 beklemtoon deur die vraag wat dit gebruikers vir statuswysigings vra van "What are you doing?" (Afrikaans: Wat doen u?) na "What's happening?" (Afrikaans: Wat gebeur?) te verander.[4][5] Twitter word deur Alexa se webverkeeranalise as een van die vyftig gewildste webwerwe ter wêreld gelys.[6] Alhoewel skattings oor die aantal daaglikse gebruikers van die diens verskil omdat die maatskappy nie die aantal aktiewe rekeninge bekend maak nie, het 'n Compete.com-webjoernaalinskrywing in Februarie 2009 Twitter as die derdegrootste sosiale netwerk gerang[7] gebaseer op hul telling van 6 miljoen unieke maandelikse besoekers en 55 miljoen maandelikse besoeke.[7] In Maart 2009 het 'n Nielsen.com-webjoernaal Twitter as die snel groeiendste webwerf in die Lidmaatskapgemeenskappe-kategorie vir Februarie 2009 gerang. Twitter het 'n maandelikse groeikoers van 1 382 persent gehad en Zimbio het 240 persent gehad, gevolg deur Facebook met 'n toename van 228 persent.[8]

Verwysings[wysig]

  1. Michael Arrington 15 Julie 2006 (2006-07-15). “Odeo Releases Twttr”. Techcrunch.com. URL besoek op 2010-09-18.
  2. D'Monte, Leslie (2009-04-29). “Swine flu's tweet tweet causes online flutter”. Business Standard. URL besoek op 2009-05-28.
  3. Evan Williams, Web 2.0 Summit 2009: Evan Williams and John Battelle "A Conversation with Evan Williams", O'Reilly Media, 21 Oktober 2009.
  4. http://blogs.ft.com/techblog/2009/11/whats-happening-a-lot-says-twitter-coo/
  5. http://blog.twitter.com/2009/11/whats-happening.html
  6. twitter.com - Traffic Details from Alexa”. Alexa Internet: 2009-07-13. URL besoek op 2009-07-13.
  7. 7,0 7,1 Kazeniac, Andy. "Social Networks: Facebook Takes Over Top Spot, Twitter Climbs", Compete.com, 2009-02-09. URL besoek op 2009-02-17.
  8. McGiboney, Michelle. "Twitter's Tweet Smell of Success", Nielsen, 2009-03-18. URL besoek op 2009-04-05.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Twitter (kategorie)