Elon Musk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Elon Musk
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Musk in Dublin, 2013.

Geboortenaam Elon Reeve Musk
Gebore 28 Junie 1971
Pretoria, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State Verenigde State
Ouers Errol Musk en Maye Musk
Titel Hoof uitvoerende beampte en tegniese direkteur van SpaceX
Produkargitek en uitvoerende hoof van Tesla Motors
Voorsitter van SolarCity
Beroep Entrepreneur, uitvinder, belegger, tegnoloog
Bekend vir SpaceX, PayPal, Tesla Motors, Hyperloop, Zip2, SolarCity
Huweliksmaat Justine Musk (2000–2008)
Talulah Riley (2010–hede)
Kind(ers) 5 seuns
Webblad www.elonmusk.com
Elon Musk Signature.png

Elon Musk (gebore 28 Junie 1971 in Pretoria Suid-Afrika) is 'n VSA-gebaseerde internet- en ruimtelanseringsentrepreneur.

Aktiwiteite as entrepreneur[wysig]

In 1995, het Musk sy doktorale studies in die fisika van energie aan Stanford Universiteit gestaak om die medestigter van die maatskappy Zip2 te word. Die maatskappy het publikasie sagteware aanlyn vir nuusorganisasies voorsien. In 1999 het Compaq se AltaVista afdeling Zip2 vir VSA $341 miljoen in kontant en effekte gekoop. Elon en sy broer Kimbal het ongeveer 12 persent aandele in Zip2 op daardie tydstip besit.

In Maart 1999, is Musk die medestigter van X.com, 'n aanlyn bankbetaaldiens. X.com staak sy bankdiens, maar die maatskappy se PayPal aanlyn betaaldiens wat bekom is in Maart 2000 as deel van sy aankoop van Confinity, was uiters suksesvol. In Februarie 2001, het X.com sy naam verander na PayPal. In Oktober 2002, is PayPal deur eBay bekom vir VSA $1,5 triljoen in effekte. Voor die maatskappy verkoop is, het Musk 11,7% van PayPal besit.

In Junie 2002 stig Musk sy derde maatskappy, Space Exploration Technologies (SpaceX), waarvan hy tans die uitvoerende hoofbestuurder en hoof tegnologiebeampte is. SpaceX ontwikkel en vervaardig ruimtelanseringvuurpyle, met die klem op lae koste en hoë betroubaarheid. Die maatskappy se eerste twee lanseertuie is die Falcon 1 en Falcon 9 vuurpyle.

Musk se fortuin word op ongeveer VSA $328 miljoen geskat.

Nie-ruimte gebaseerde aktiwiteite[wysig]

Musk is die voorsitter van die Musk Stigting, wat fokus op filantropiese aktiwiteite in die velde van wetenskap onderwys, pediatriese gesondheid en skoon energie.

Ruimte-gebaseerde aktiwiteite[wysig]

In 2001, het Musk planne ontwikkel vir 'n "Mars Oase" projek, waarvolgens 'n miniatuur eksperimentele groenhuis op Mars geland sou word, waarin gesaaides gegroei kon word. Hy het die projek op ys geplaas nadat hy uitgevind het dat die koste van lansering so hoog sal wees dat geen geld beskikbaar sou wees om so 'n projek te ontwikkel nie. Hy het besluit om eerder te werk om die koste van lanserings af te bring en vir die doel SpaceX gestig.

Musk is 'n lid van die raad van direkteure van die Planetary Society en die raad van trustees van die X-Prize Foundation.

Belangstellings[wysig]

Musk besit 'n McLaren F1 sportmotor en 'n Tsjeggies vervaardigde Aero L-39 opleidingsvliegtuig.

Onderwys en opleiding[wysig]

  • Wharton School of Business aan die Universiteit van Pennsylvania, B.S., Ekonomie
  • Universiteit van Pennsylvania, B.A., Fisika
  • Presteer in wiskunde en wetenskap aan die Pretoria Boys High School.