Tyhumerivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tyhumerivier
Tyhumeriviervallei en uitsig op die Hogsbackpas
Tyhumeriviervallei en uitsig op die Hogsbackpas
Oorsprong Amatholeberge by Hogsback
Monding Keiskammarivier
Stroomgebied Oos-Kaap Suid-Afrika
Ligging van Tyhumerivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
Tyhumerivier
Tyhumerivier
Monding van die Tyhumerivier
Koördinate: 32°41′5″S 26°54′18″O Koördinate: 32°41′5″S 26°54′18″O
Die Waterval van 39 stappe in die Hogsback.

Die Tyhumerivier is 'n rivier in Amathole-distriksmunisipaliteit in die sentrale deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring hoog in die Hogsbackberg, 'n deel van die Amatholeberge, en vloei af deur die Tyhume-vallei noordoos van die dorp Alice. Ongeveer in die middel van die Tyhume-vallei, vloei dit by 32°40′43.5″S 26°54′41″O in die Binfield Parkdam[1], 'n belangrike opgaardam vir die landelike bevolking en sitrusboorde in die omgewing. Verder ondertoe vloei die rivier rustig deur die buitewyke van Alice, omring deur die uitgestrekte gronde en proefplaas van die Universiteit van Fort Hare.

Dit voorsien ook Middeldrif dorp van water met 'n kanaal, die hele gebied val in Nkonkobe Plaaslike Munisipaliteit. Daarna kronkel die rivier suidooswaarts deur die eskarp en sluit aan by die Keiskammarivier op pad na sy Indiese Oseaan-monding by Hamburg, Oos-Kaap.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  • T. V. Bulpin: Illustrated guide to southern Africa. Reader’s Digest Ass. South Africa, Kaapstad 1985, ISBN 0-947008-17-9
  • Robert H.W. Shepherd: Lovedale South Africa. The Story of a Century 1841-1941. Lovedale (The Lovedale Press) 1940
  • Geologiese kaart van Suid-Afrika 1:250 000, Vel 3226 King William’s Town
  • 3226 King William's Town, 1:250 000, topo-kadastraal, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 1985
  • 3226 DD Alice, topografiese kaart 1:50 000, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 2002
  • 3226 DB Seymour, topografiese kaart 1:50 000, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 2002

Verwysings[wysig]