Vaalrivier Barrage Reservoir

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Vaalrivier Barrage Reservoir is naby Vereeniging in die Vaalrivier en is bekend as die Barrage. Dit bestaan uit 'n aantal sluise in die Vaalrivier en is in 1923 deur die Randse Waterraad gebou. Die reservoir is 64 km lank met 'n totale vermoë van 63 miljoen liter. Dit het 'n oppervlakte van 168,35km2 en 'n gemiddelde diepte van 4.5 m.

Die reservoir was gebou om water aan die Witwatersrand te verskaf. As gevolg van besoedeling vanaf Johannesburg, Vereeniging en Sasolburg word die water nie meer gebruik as drinkwater nie. Die reservoir word slegs vir ontspanning gebruik; sportsoorte soos ski, bootry, kanovaart, hengel en swem is van die gewildste aktiwiteite.

Bron[wysig]

  • www.randwater.co.za