Ystervarkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Twee tradisionele ystervarkies

Ystervarkies word gemaak van sponskoek, dit word in klein vierkantjies gesny, in sjokoladesous gedoop en in klapper gerol. Ystervarkies het waarskynlik in Australië ontstaan. Ystervarkies word veral in Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika geëet. Dit kan ook as twee halwe stukkies op mekaar met vars room tussenin bedien word.