Yucatan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van Yucatan in die ooste van Meksiko
Satellietbeeld van Yucatan
Vlag van die Republiek van Yucatán 1841-1843

Yucatan (Mayathan: Yucal Peten, "land van die Maya"; Spaans: Península de Yucatán) is 'n skiereiland in die ooste van Meksiko en in die noorde van Belize en Guatemala. Die skiereiland word in die noordooste deur die Straat van Yucatán van Kuba geskei en in die noordweste van die Golf van Meksiko met die Golf van Campeche en die ooste van die Karibiese See begrens. Op die skiereiland is die drie Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo geleë. Die grootste stede is Mérida in die noordweste en Cancún in die noordooste.

Op Yucatan het die Spaanse Conquistadore met die Spaanse verowering van die Asteekse Ryken die Spaanse verowering van Yucatan die verowering van Meksiko begin. Tussen 1841 en 1848 het die Republiek van Yucatán bestaan en vanaf 1847 tot 1901 het die Kastenoorlog‎ van die Republiek van Yucatán/Meksiko teen die Maya-bevolking plaasgevind.

Yucatan is veral bekend vir die Meso-Amerikaanse Maya-kultuur met stede soos Calakmul, Chichén Itzá en Uxmal asook vir sy Tourisme-gebiede aan die kus soos Cancún.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Yucatan (kategorie)