Zaïre

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
République du Zaïre
Repubuliki ya Zaïre
Jamhuri ya Zaïre

Republiek van Zaïre
1971-1997 Flag of the Democratic Republic of the Congo (1997-2003).svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Paix – Justice – Travail[1]
(Frans vir: "Vrede - Geregtigheid - Arbeid")
Volkslied: La Zaïroise
Ligging of Zaïre
Hoofstad Kinshasa
4°19′S 15°19′O
Taal/Tale Frans (amptelik), Lingala, Kongo, Swahili, Tshiluba
Regering Republiek
President
 - 1971–1997 Mobutu Sese Seko
Historiese tydperk Kongokrisis
 - Land hernoem 27 Oktober 1971
 - Eerste Kongo-oorlog 16 Mei 1997
Oppervlakte
 - 1996 2 345 410 km2
905 568 sq mi
Bevolking
 - 1996 skatting 46 498 539 
     Digtheid 19,8 /km² 
51,3 /sq mi
Geldeenheid Zaïre
President Mobutu Sese Seko in 1983

Die Republiek van Zaïre (Frans: Republique du Zaïre) is die voormalige naam vir die Demokratiese Republiek van die Kongo, 'n land in Afrika wat in 1960 van België onafhanklik geword het. Mobutu Sese Seko was sedert 'n staatsgreep in 1965 die president van die land gewees. Die land het in die periode van 27 Oktober 1971 tot 17 Mei 1997 as Zaïre bekend gestaan. Die naam Zaïre is die Franse spelling van die Portugese woord "zaire", wat weer ontleen is van die naam van die Kongorivier in Kikongo, een van die plaaslike tale. Die betekenis van die woord is "Groot rivier".

Verwysings[wysig]

  1. (fr) Constitution de la République du Zaïre, Artikel 5: “Sa devise est : Paix — Justice — Travail”BronSource: Journal Officiel de la République du Zaïre (N. 1 van 1 Januarie 1983)