Zambezi elektriese-baber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zambezi elektriese-baber
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Malapteruridae
Genus: Malapterurus
Spesie: M. shirensis
Binomiale naam
Malapterurus shirensis
T. R. Roberts, 2000

Die Zambezi elektriese-baber (Malapterurus shirensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier, Pungwerivier en onderste gedeelte van die Saverivier. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi electric catfish.

Voorkoms[wysig]

Die dorsale vin is klein en die stertvin is bolrond. Die kop en lyf is rond en vlesig. Daar is drie paar baarde onder die mond. Die vis is grys aan die bokant, wit aan die onderkant en daar is onreëlmatige vlekke op die lyf. Die vis word tot 500 mm lank. Die Zimbabwe hengel rekord is 5.33 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef tussen rotse en boomwortels in stadig vloeiende of stilstaande water. Die vis is naglewend en vreet hoofsaaklik vis wat verlam word met elektriese skokke. Die elektriese orgaan, lewer skokke van tussen 300 - 400 volt, bedek die hele lyf as 'n spesiale laag net onder die vel. Dit word gebruik in beide aanval en verdediging. Die visse vorm pare en broei in uitgegraafde gate of holtes. Die spesie kan tot 10 jaar oud word.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]