1. FC Maagdenburg
Volledige naam | Erster Fußballclub Magdeburg e. V. |
Stigtingsdatum | 22 Desember 1965 |
Tuisveld | Maagdenburgstadion, Maagdenburg |
Kapasiteit | 30 098 |
Kompetisie | 2. Bundesliga (2023/24) |
1. FC Maagdenburg is 'n Duitse sokkerklub uit Maagdenburg, die hoofstad van die deelstaat Sakse-Anhalt.
In die Duitse Demokratiese Republiek was Maagdenburg drie keer kampioen in die jare sewentig en het sewe keer die beker gewen. Die absolute hoogtepunt was natuurlik die wen van die Europese beker II in 1974 teen AC Milan in De Kuip. 1. FC Maagdenburg is die enigste span uit die voormalige DDR wat 'n Europese beker kon wen.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Op 15 Junie 1896 is Magdeburger FC Victoria 1896 opgerig. Die klub het voor die Tweede Wêreldoorlog in een van die 16 Gauligas gespeel, destyds die hoogste liga. Na die oorlog is alle klubs in Duitsland opgehef. FC Victoria is nie weer herstig nie, maar in Maagdenburg is verskillende klein klubs opgerig. Hierdie klubs het in 1952 saamgesmelt as Motor Mitte, wat in 1957 herdoop is tot SC Aufbau Maagdenburg . Op 22 Desember 1965 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as 1. FC Maagdenburg.
1974 was die klub se beste jaar. Behalwe die wen van die Europese beker, het die klub ook die Oos-Duitse nasionale titel gewen en verder 4 spelers vir die nasionale span gelewer vir die 1974 Sokkerwêreldbeker.
Die klub se tuisveld is sedert Desember 2006 die Maagdenburgstadion. Voorheen het die klub sy tuiswedstryde in die Ernst Grube-stadion gespeel.
Erelys
[wysig | wysig bron]- Oos-Duitse kampioen
- 1971/72, 1973/74, 1974/75
- FDGB-Pokal
- Europese beker II
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]