11de Dinastie van Egipte
Die 11de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XI geskryf) het geduur van die laaste deel van die Eerste Oorgangstydperk tot in die Nuwe Ryk.
Heersers
[wysig | wysig bron]Die heersers is weer bekend ná die verwarring van die Eerste Oorgangstydperk. Die eerste vyf heersers se bewind word gewoonlik beskou as deel van die oorgangstydperk, terwyl Mentoehotep II en sy opvolgers deel was van die Nuwe Ryk. Hulle het almal vanaf Thebe regeer.
Farao | Horusnaam | Bewind | Hoofstad | Graftombe | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Mentoehotep I | 2134 v.C. – ? | Thebe | |||||||||||||||||
Intef I | Sehertawy | ? – 2118 v.C. | Thebe | El-Tarif, Thebe | |||||||||||||||
Intef II | Wahanch | 2118 – 2069 v.C. | Thebe | El-Tarif, Thebes | |||||||||||||||
Intef III | Nachtnebtepnefer | 2069 – 2061 v.C. | Thebe | El-Tarif, Thebes | |||||||||||||||
Mentoehotep II | Nebhetepre | 2061 – 2010 v.C. | Thebe | Deir el-Bahari | |||||||||||||||
Mentoehotep III | Sanchkare | 2010 – 1998 v.C. | Thebe | Deir el-Bahari[1] | |||||||||||||||
Mentoehotep IV | Nebtawyre | 1998 – 1991 v.C. | Thebe |
Manetho se stelling dat die 11de Dinastie 16 konings gehad het wat vir 43 jaar regeer het, word weerspreek deur inskripsies uit dié tyd en die Turynse Koningslys, waarvolgens die dinastie sewe konings gehad het en altesaam 143 jaar regeer het.[2] Sy stelling dat die dinastie in Thebe gesentreer was, is korrek bewys. Dit was tydens dié dinastie dat die hele Antieke Egipte herenig is onder die Middelryk.
Tydlyn
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Richard H. Wilkinson: The Complete Temples of Ancient Egypt, Thames and Hudson, 2000,pp. 37, 172, 173, 181, ISBN 0-500-05100-3
- ↑ Jürgen von Beckerath, The Date of the End of the Old Kingdom of Egypt, JNES 21 (1962), p.146
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 11de Dinastie van Egipte.
Voorafgegaan deur ← 10de Dinastie |
11de Dinastie | Opgevolg deur 12de Dinastie → |